LUKAS 2:28-32
LUKAS 2:28-32 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
was Simeon daar. Hy het die Kind in sy arms geneem en God geprys: “Here, nou kan u dienskneg in vrede sterf soos U my beloof het, want ek het die verlossing gesien wat U voorberei het voor die oë van alle volke, ’n lig om God aan die nasies bekend te maak, en die glorie van u volk Israel!”
LUKAS 2:28-32 Bybel vir almal (ABA)
Simeon het die Kindjie in sy arms gehou en hy het God geprys en gesê: Here, U het gedoen wat U vir my gesê het. Nou kan ek sterf, ek is tevrede, want ek het self die Redder gesien. U het Hom vir ons gestuur, en al die volke sal Hom sien. Al die volke sal sien Hy is die lig en hulle sal u volk Israel eer.
LUKAS 2:28-32 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
het hy Hom in sy arms geneem en God geloof en gesê: Nou laat U, Here, u dienskneg gaan in vrede volgens u woord, omdat my oë u heil gesien het, wat U berei het voor die oë van al die volke — 'n lig tot verligting van die nasies en tot heerlikheid van u volk Israel.
LUKAS 2:28-32 Afrikaans 1983 (AFR83)
het Simeon Hom in sy arms geneem en God geprys en gesê: “Here, laat u dienaar nou in vrede gaan volgens u woord, omdat my oë u verlossing gesien het wat U gereed gemaak het voor die oë van al die volke: 'n lig tot verligting van die nasies en tot eer van u volk Israel.”
LUKAS 2:28-32 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
het Simeon Hom in sy arms geneem en God geloof: “Nou, Here, kan U u dienskneg in vrede laat sterf, soos U gesê het. My oë het inderdaad u verlossing gesien, wat U ten aanskoue van al die volke bewerk het, 'n lig wat vir die nasies tot openbaring dien, en eer bring aan u volk Israel.”
LUKAS 2:28-32 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe neem hy hom in sy arms en loof God en sê: Here, laat U dienaar nou in vrede gaan, volgens u woord. Want my oë het u verlossing gesien, wat jy berei het voor die aangesig van al die volke; 'n Lig om die heidene te verlig, en die heerlikheid van u volk Israel.
LUKAS 2:28-32 Die Boodskap (DB)
Toe Simeon vir Jesus sien, het hy na Hom toe gestap en Hom dadelik in sy arms opgetel. Hy het God geprys en gesê: “Here, U kan my nou maar laat doodgaan, want U het u woord gehou. U dienskneg kan nou in vrede sterf, want ek het nou Hom gesien vir wie U gestuur het om die wêreld te red. Almal op aarde kan Hom nou ook sien en sy redding beleef, want U het die Verlosser hier onder ons die lewenslig laat sien. Hy sal ’n lig wees vir al die volke op die aarde wat in die donker leef. Hy sal ook groot eer aan u volk Israel bring.”