LUKAS 2:6-7
LUKAS 2:6-7 Bybel vir almal (ABA)
Toe hulle in Betlehem was, het dit tyd geword dat Maria haar baba moes kry. Haar Seun is gebore. Hy was haar eerste kind. Sy het Hom toegedraai in doeke en Hom neergesit in 'n krip, want daar was nie vir Josef en Maria plek waar die ander mense gebly het nie.
LUKAS 2:6-7 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En terwyl hulle daar was, is die dae vervul dat sy moes baar; en sy het haar eersgebore Seun gebaar en Hom toegedraai in doeke en Hom in die krip neergelê, omdat daar vir hulle geen plek in die herberg was nie.
LUKAS 2:6-7 Afrikaans 1983 (AFR83)
Terwyl hulle daar was, het die tyd gekom dat haar kind gebore moes word. Sy het haar Eerstelingseun in die wêreld gebring en Hom in doeke toegedraai en in 'n krip neergelê, omdat daar vir hulle geen plek in die herberg was nie.
LUKAS 2:6-7 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Terwyl hulle daar was, het die tyd aangebreek dat haar kind gebore moes word, en sy het geboorte geskenk aan haar eerste kind, 'n seun. Sy het Hom in doeke toegedraai en in 'n krip neergelê, omdat daar nie vir hulle plek in die herberg was nie.
LUKAS 2:6-7 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En so was dit dat, terwyl hulle daar was, die dae verby was dat sy verlos sou word. En sy het haar eersgebore seun gebaar en hom in doeke toegedraai en hom in 'n krip neergelê; want daar was nie plek vir hulle in die herberg nie.
LUKAS 2:6-7 Die Boodskap (DB)
Terwyl Josef en Maria daar in Betlehem was, het die tyd aangebreek dat haar Kind gebore moes word. Sy het toe ’n Seun in die wêreld gebring. Dit was haar eerste kind. Sy het Hom styf in doeke toegedraai en neergelê in ’n voerbak waaruit die diere hulle kos geëet het. Daar was geen ander plek vir Josef en Maria in Betlehem nie. Al die gastekamers en herberge was vol.