LUKAS 23:33
LUKAS 23:33 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EN toe hulle op die plek kom wat Hoofskedel genoem word, het hulle Hom daar gekruisig, en die kwaaddoeners, een aan die regter- en een aan die linkerkant.
LUKAS 23:33 Bybel vir almal (ABA)
Hulle kom toe by 'n plek, die plek se naam was Kopbeen. Daar het die soldate vir Jesus gekruisig. Hulle het ook die twee skelms gekruisig, een regs langs Jesus en die ander een links langs Hom.
LUKAS 23:33 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe hulle by die plek kom wat Kopbeen genoem word, het hulle Hom daar saam met die misdadigers gekruisig, die een aan sy regter- en die ander een aan sy linkerkant.
LUKAS 23:33 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe hulle by die plek kom wat Kopbeen genoem word, het hulle Hom daar gekruisig – so ook die misdadigers, een aan sy regterhand en een aan sy linkerhand.
LUKAS 23:33 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En toe hulle by die plek kom wat Golgota genoem word, het hulle Hom daar gekruisig en die kwaaddoeners, een aan die regter- en een aan die linkerkant.