LUKAS 24:46-47
LUKAS 24:46-47 Afrikaans 1983 (AFR83)
Verder sê Hy vir hulle: “So staan daar geskrywe: ‘Die Christus moet ly en op die derde dag uit die dood opstaan, en in sy Naam moet bekering en vergewing van sondes aan al die nasies verkondig word, van Jerusalem af en verder.’
LUKAS 24:46-47 Bybel vir almal (ABA)
Hy het vir hulle gesê: “Daar is in die Ou Testament geskryf dat die Christus sal swaarkry en dat Hy op die derde dag weer sal begin lewe. Daar is geskryf dat die mense wat in God glo, vir al die volke moet vertel dat God mense se sondes vergewe as hulle in Christus glo en as hulle verander en lewe soos God wil hê. Julle moet in Jerusalem begin
LUKAS 24:46-47 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Hy sê vir hulle: So is dit geskrywe, en so moes die Christus ly en op die derde dag uit die dode opstaan, en bekering en vergewing van sondes in sy Naam verkondig word aan al die nasies, van Jerusalem af en verder.
LUKAS 24:46-47 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
en vir hulle gesê: “So staan daar geskryf dat die Christus moet ly en op die derde dag uit die dood opstaan, en dat in sy Naam bekering tot die vergewing van sondes aan alle nasies verkondig moet word. Julle moet by Jerusalem begin
LUKAS 24:46-47 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En hy sê vir hulle: So is daar geskrywe, en so moes Christus ly en op die derde dag uit die dode opstaan. En dat bekering en vergewing van sondes in sy Naam verkondig moet word onder al die nasies, vanaf Jerusalem.
LUKAS 24:46-47 Die Boodskap (DB)
“Sien julle nou dat die Bybel sê dat die Messias moes kom ly en dat Hy op die derde dag weer uit die dood sou opstaan? Wel, van nou af gaan julle hierdie goeie nuus wêreldwyd oorvertel; van hier in Jerusalem af tot aan die uithoeke van die wêreld. Julle moet vir ander mense sê om hulle sondes te laat staan en dat hulle hulle tot God moet bekeer. Sê vir hulle dat al hulle sondes vergewe word wanneer hulle in My glo.
LUKAS 24:46-48 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Daarop het Hy gesê: “Só staan dit opgeteken: ‘Die Messias moet ly en op die derde dag opstaan uit die dood.’ En op grond van sy Naam moet bekering tot vergifnis van sondes aan al die nasies verkondig word. Julle moet by Jerusalem begin en van hierdie dinge getuig.