LUKAS 24:5-6
LUKAS 24:5-6 Bybel vir almal (ABA)
Die vroue het bang geword en hulle het laag gebuig. Toe sê die mans vir hulle: “Hoekom soek julle die Een wat lewe by die mense wat dood is? Jesus is nie hier nie, God het Hom weer laat lewe. Onthou julle wat Jesus vir julle vertel het toe julle nog in Galilea was?
LUKAS 24:5-6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En toe hulle baie bevrees word en met hulle aangesigte na die aarde buig, sê die manne vir hulle: Waarom soek julle die Lewende by die dooies? Hy is nie hier nie, maar Hy het opgestaan. Onthou hoe Hy vir julle gesê het toe Hy nog in Galiléa was
LUKAS 24:5-6 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die vroue het groot geskrik en met hulle gesig na die grond toe gebuig. Toe sê die manne vir hulle: “Waarom soek julle die Lewende by die dooies? Hy is nie hier nie. Hy is uit die dood opgewek. Onthou hoe Hy met julle gepraat het toe Hy nog in Galilea was
LUKAS 24:5-6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hulle was verskrik en het hulle gesigte na die grond toe gedraai, en die mans het vir hulle gesê: “Waarom soek julle die lewende by die dooies? Hy is nie hier nie, maar is opgewek! Onthou wat Hy vir julle gesê het toe Hy nog in Galilea was
LUKAS 24:5-6 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En terwyl hulle bang was en hul aangesig na die aarde neerbuig, sê hulle vir hulle: Waarom soek julle die lewende onder die dooies? Hy is nie hier nie, maar het opgestaan; onthou hoe Hy met julle gespreek het toe Hy nog in Galilea was
LUKAS 24:5-6 Die Boodskap (DB)
Die vroue het groot geskrik, want hulle het besef dit is engele. Hulle het dadelik hulle koppe uit eerbied laat sak. Toe vra die mans vir hulle: “Waarom kom soek julle die Lewende hier in ’n graf? Dis tog net ’n plek vir die dooies.
LUKAS 24:5-6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die vroue was verskrik en het hulle gesigte afgebuig grond toe. Die mans sê vir hulle: “Waarom soek julle die lewende tussen die lyke? Hy is nie meer hier nie, maar is opgewek. Onthou julle hoe Hy met julle gepraat het toe Hy nog in Galilea was en gesê het