LUKAS 3:21-22
LUKAS 3:21-22 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe al die mense hulle laat doop het, is Jesus ook gedoop, en terwyl Hy staan en bid, het die hemel oopgegaan en het die Heilige Gees in sigbare gestalte soos 'n duif op Hom neergedaal. Daar was ook 'n stem uit die hemel: “Jy is my geliefde Seun. Oor Jou verheug Ek My.”
LUKAS 3:21-22 Bybel vir almal (ABA)
Johannes het al die mense gedoop, ook vir Jesus. Toe hy klaar vir Jesus gedoop het, het Jesus gebid, en toe het die hemel oopgegaan. Die Heilige Gees het afgekom na Jesus toe soos 'n duif uit die lug afkom. God het uit die hemel gesê: “Jy is my Seun, Ek is lief vir Jou. Jy maak My bly.”
LUKAS 3:21-22 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EN toe die hele volk gedoop en Jesus ook gedoop is, en Hy besig was om te bid, het die hemel oopgegaan; en die Heilige Gees het in liggaamlike gedaante soos 'n duif op Hom neergedaal; en 'n stem het uit die hemel gekom wat sê: U is my geliefde Seun; in U het Ek 'n welbehae.
LUKAS 3:21-22 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
In die tyd toe die hele volk gedoop is, is ook Jesus gedoop. En terwyl Hy besig was om te bid, het die hemel oopgegaan, en die Heilige Gees het in 'n sigbare vorm soos 'n duif op Hom neergedaal. Daar het ook 'n stem uit die hemel gekom: “Jy is my geliefde •Seun. Oor Jou verheug Ek My.”
LUKAS 3:21-22 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En toe die hele volk gedoop is, het dit gebeur dat Jesus ook gedoop en gebid het, en die hemel is geopen, En die Heilige Gees het in 'n liggaamlike gedaante soos 'n duif op hom neergedaal, en 'n stem het uit die hemel gekom wat gesê het: U is my geliefde Seun; in U het ek 'n welbehae.
LUKAS 3:21-22 Die Boodskap (DB)
Onder al die mense wat na Johannes toe gekom het om gedoop te word, was daar ’n baie belangrike Man: Jesus. Nadat Johannes Hom klaar gedoop het, het Jesus tot God gebid. Terwyl Hy nog besig was om te bid, het die hemel skielik oopgegaan. Die Heilige Gees het soos ’n duif na Jesus toe afgekom. ’n Stem uit die hemel het ook hardop gesê: “Jy is my Seun vir wie Ek baie lief is. Oor Jou is Ek baie bly.”
LUKAS 3:21-22 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Eendag toe die skares gedoop word, is Jesus self ook gedoop. Terwyl Hy bid, het die hemel oopgegaan, en die Heilige Gees het fisies soos ’n duif op Hom neergedaal. En ’n stem uit die hemel het gesê: “Jy is my geliefde Seun. Jy is ’n kind so na my hart.”