LUKAS 5:10
LUKAS 5:10 Bybel vir almal (ABA)
Jakobus en Johannes was ook baie verbaas. Hulle was die seuns van Sebedeus en hulle het saam met Simon gewerk en visgevang. Jesus het vir Simon gesê: “Moenie bang wees nie. Van nou af sal jy nie meer visvang nie, jy sal mense bymekaarmaak.”
LUKAS 5:10 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
en net so ook vir Jakobus en Johannes, die seuns van Sebedéüs, wat Simon se maats was. En Jesus sê vir Simon: Moenie vrees nie; van nou af sal jy mense vang.
LUKAS 5:10 Afrikaans 1983 (AFR83)
Jakobus en Johannes, die seuns van Sebedeus wat saam met Simon gewerk het, was net so verbaas. Toe sê Jesus vir Simon: “Moenie bang wees nie. Van nou af sal jy mense vang.”
LUKAS 5:10 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Jakobus en Johannes, Sebedeus se seuns wat saam met Simon gewerk het, was net so verbaas. Jesus het egter vir Simon gesê: “Moenie bang wees nie. Van nou af sal jy mense vang.”
LUKAS 5:10 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En so was ook Jakobus en Johannes, die seuns van Sebedeüs, wat saam met Simon was. En Jesus sê vir Simon: Moenie vrees nie; van nou af sal jy mense vang.