Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

LUKAS 5:33-35 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

LUKAS 5:33-35 AFR83 (Afrikaans 1983)

Die mense sê toe vir Jesus: “Die volgelinge van Johannes vas dikwels en onderhou gereelde gebedstye, en so ook die volgelinge van die Fariseërs, en u dissipels eet en drink maar.” Toe sê Jesus vir hulle: “Kan julle dan die bruilofsgaste laat vas terwyl die bruidegom by hulle is? Daar sal 'n tyd kom wanneer die bruidegom van hulle weggeneem sal word en dan, in daardie dae, sal hulle vas.”

LUKAS 5:33-35 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

TOE sê hulle vir Hom: Waarom vas die dissipels van Johannes dikwels en doen gebede; so ook dié van die Fariseërs; maar u dissipels eet en drink? En Hy sê vir hulle: Kan julle die bruilofsgaste dan laat vas solank as die bruidegom by hulle is? Maar daar sal dae kom wanneer die bruidegom van hulle weggeneem word; dan sal hulle vas, in daardie dae.

LUKAS 5:33-35 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Die godsdienstige leiers sê toe vir Jesus: “Johannes die Doper se dissipels vas en bid gereeld en so ook die dissipels van die Fariseërs. Hoekom vier jou dissipels altyd fees?” Jesus het gevra: “Vas huweliksgaste dan terwyl hulle saam met die bruidegom feesvier? Eendag sal die bruidegom van hulle weggeneem word, en dan sal hulle vas.”

LUKAS 5:33-35 DB (Die Boodskap)

Die godsdienstige leiers sê toe vir Jesus: “Jy moet net sien hoe toegewyd al Johannes die Doper se volgelinge is. Hulle is so ernstig in hulle godsdiens dat hulle lang tye niks eet nie. Hulle vas en bid gereeld. Die Fariseërs doen dit ook. Maar jou dissipels steur hulle glad nie daaraan nie. Hulle eet en drink net die hele tyd.” Jesus sê toe vir hulle: “Julle het nie die vaagste idee waaroor godsdiens regtig gaan nie. Kyk, as mense by ’n troue is, staan hulle mos nie met lang gesigte en huil nie. Hulle vier dan fees, nie waar nie? Dan eet en drink hulle omdat hulle saam met die bruidegom bly is. Later, as die troue verby en die bruidspaar weg is, kan hulle weer met hulle gewone lewe aangaan. Dan sal hulle weer vas.

LUKAS 5:33-35 ABA (Bybel vir almal)

Party mense het vir Jesus gesê: “Johannes die Doper se dissipels vas baie maal en bid altyd wanneer hulle moet. Die Fariseërs se dissipels doen dit ook. Maar jou dissipels eet en drink.” Jesus sê toe vir hulle: “Julle kan nie vir mense by 'n troue sê hulle mag niks eet nie. Die bruidegom is dan by hulle. Maar daar sal 'n tyd kom wanneer die bruidegom nie meer by hulle sal wees nie. Dan sal hulle vas.”

LUKAS 5:33-35 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Die mense het vir Hom gesê: “Johannes se dissipels vas en bid gereeld, en die •Fariseërs se dissipels ook, maar u dissipels eet en drink maar voort.” Jesus het hulle geantwoord: “Julle kan tog nie die bruilofsgaste laat vas terwyl die bruidegom by hulle is nie? Maar daar kom 'n tyd wanneer die bruidegom van hulle weggeneem sal word. Dan, in daardie dae, sal hulle vas.”

LUKAS 5:33-35 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En hulle sê vir hom: Waarom vas die dissipels van Johannes dikwels en doen gebede, en so ook die dissipels van die Fariseërs? maar jy eet en drink? En Hy sê vir hulle: Kan julle die kinders van die bruilof laat vas terwyl die bruidegom by hulle is? Maar daar sal dae kom wanneer die bruidegom van hulle weggeneem sal word, en dan sal hulle in daardie dae vas.