LUKAS 6:31-33
LUKAS 6:31-33 Bybel vir almal (ABA)
“Julle moet aan ander mense doen soos julle graag wil hê hulle moet aan julle doen. As julle net lief is vir die mense wat lief is vir júlle, dan doen julle net wat julle moet doen, julle doen niks beter nie. Want die sondaars is ook lief net vir die mense wat lief is vir húlle. “As julle goed doen net aan die mense wat goed doen aan julle, dan doen julle net wat julle moet doen, julle doen niks beter nie. Die sondaars doen dieselfde.
LUKAS 6:31-33 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En soos julle wil hê dat die mense aan julle moet doen, so moet julle ook aan hulle doen. En as julle dié liefhet wat vir julle liefhet, watter dank het julle? Want die sondaars het ook dié lief wat vir hulle liefhet. En as julle goed doen aan die wat aan julle goed doen, watter dank het julle? Want die sondaars doen ook dieselfde.
LUKAS 6:31-33 Afrikaans 1983 (AFR83)
Behandel ander mense soos julle self behandel wil word. “As julle net dié liefhet wat vir julle liefhet, watter aanspraak op dank het julle dan nog? Ook die sondaars het net dié lief wat vir hulle liefhet. En as julle goed doen net aan dié wat aan julle goed doen, watter aanspraak op dank het julle dan nog? Die sondaars maak maar net so.
LUKAS 6:31-33 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Soos julle wil hê die mense aan julle moet doen, doen ook so aan hulle. As julle diegene liefhet wat vir julle liefhet, hoe kan julle enige dank verwag? Want ook die sondaars het diegene lief wat hulle liefhet. En as julle net goeie dinge doen vir die mense wat goeie dinge vir julle doen, hoe kan julle enige dank verwag? Die sondaars doen dieselfde.
LUKAS 6:31-33 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En soos julle wil hê dat die mense aan julle moet doen, so moet julle ook aan hulle doen. Want as julle die liefhet wat vir julle liefhet, watter dank het julle? want sondaars het ook hulle lief wat hulle liefhet. En as julle goed doen aan die wat aan julle goed doen, watter dank het julle? want sondaars doen ook dieselfde.
LUKAS 6:31-33 Die Boodskap (DB)
“As daar een reël is waarvolgens julle moet lewe, is dit die volgende: vra julle af hoe julle wil hê ander mense teenoor julle moet optree. Spring hulle dan voor: gaan tree eerste so teenoor hulle op. “As julle net daardie mense liefhet met wie julle goed oor die weg kom en wat lief is vir julle, moet julle nie verwag om ’n medalje vir goeie diens by God daarvoor te kry nie. Almal doen dit tog, ook die slegte mense wat hulle nie aan God steur nie. En as julle net goeie dinge doen vir dié wat goeie dinge vir julle doen, het julle nog niks besonders gedoen nie. Selfs slegte mense doen dit ook. As julle ook net bereid is om iets te leen aan mense wat dit later aan julle sal teruggee, het julle nog niks buitengewoons gedoen nie. Sondaars doen dit ook.
LUKAS 6:31-33 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Doen aan ander wat jy wil hê hulle aan jou moet doen. “Dink julle julle is verdienstelik as julle net dié liefhet wat vir julle lief is? Selfs die sondaars doen dit! En as julle net goeddoen aan dié wat aan julle goeddoen, is dit dan so wonderlik? Die sondaars doen dit tog ook.