LUKAS 8:25
LUKAS 8:25 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hulle het bedaar, en daar het stilte gekom. Toe sê Jesus vir hulle: “Waar is julle geloof dan?” Maar hulle was verskrik en verbaas en het vir mekaar gesê: “Wie is Hy tog? Hy gee bevele aan wind en water, en hulle is aan Hom gehoorsaam!”
LUKAS 8:25 Bybel vir almal (ABA)
Die wind het opgehou waai, en alles het stil geword. Jesus sê toe vir die dissipels: “Hoekom glo julle nie?” Maar die dissipels het baie groot geskrik en hulle was baie verbaas. Hulle het vir mekaar gevra: “Wie is hierdie Man? Hy sê vir die wind en die water hulle moet stil wees, en dan luister hulle na Hom!”
LUKAS 8:25 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Hy sê vir hulle: Waar is julle geloof? Maar hulle was bang en verwonderd en het vir mekaar gesê: Wie is Hy tog, dat Hy selfs die winde en die water gebied en hulle Hom gehoorsaam is!
LUKAS 8:25 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe sê Hy vir hulle: “Waar is julle geloof?” Hulle was met ontsag vervul en verwonderd, en het vir mekaar gesê: “Wie is Hy tog dat Hy die winde en die water bestraf en hulle Hom gehoorsaam?”
LUKAS 8:25 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Hy sê vir hulle: Waar is julle geloof? En toe hulle bevrees was, het hulle verwonder en vir mekaar gesê: Watter man is dit? want Hy beveel selfs die winde en die water, en hulle is Hom gehoorsaam.
LUKAS 8:25 Die Boodskap (DB)
Toe draai Jesus na sy dissipels en vra vir hulle: “Waar is julle geloof heen?” Maar hulle was te bang en te verbaas om enigiets te sê. Hulle het onderlangs vir mekaar gefluister: “Wat ’n ongelooflike wonderwerk! Wie is Jesus regtig? Hy gee net ’n bevel, dan luister selfs die wind en die water na Hom.”