LUKAS 8:47-48
LUKAS 8:47-48 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe die vrou sien Hy weet dit is sy, het sy van angs gebewe en voor Hom kom neerval. Daar voor al die mense vertel sy Hom toe waarom sy Hom aangeraak het en hoe sy onmiddellik gesond geword het. Toe sê Hy: “Dogter, jou geloof het jou gered. Gaan in vrede!”
LUKAS 8:47-48 Bybel vir almal (ABA)
Die vrou het gesien Jesus weet van haar. Sy het gebewe en sy het nader gekom en voor Jesus gekniel. Toe vertel sy daar voor al die mense hoekom sy aan Hom geraak het en dat sy dadelik gesond geword het. Jesus het vir haar gesê: “Mevrou, jy het nou gesond geword, want jy het geglo. Gaan nou huis toe, dit sal goed gaan met jou.”
LUKAS 8:47-48 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En toe die vrou sien dat sy nie verborge gebly het nie, kom sy bewende en val voor Hom neer en vertel Hom voor die hele volk om watter rede sy Hom aangeraak het en hoe sy onmiddellik gesond geword het. En Hy sê vir haar: Hou goeie moed, dogter, jou geloof het jou gered. Gaan in vrede.
LUKAS 8:47-48 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe die vrou besef dat haar optrede nie ongemerk verbygegaan het nie, het sy bewend voor Hom kom neerval. Sy het toe voor die hele volk vertel waarom sy Hom aangeraak het en hoe sy onmiddellik gesond geword het. Toe sê Hy vir haar: “Dogter, jou geloof het jou gered. Gaan in vrede! ”
LUKAS 8:47-48 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En toe die vrou sien dat sy nie weggesteek is nie, het sy bewend gekom en voor hom neergeval en aan hom voor die hele volk vertel waarom sy hom aangeraak het en hoe sy dadelik genees is. En hy sê vir haar: Dogter, wees gerusstellend; jou geloof het jou gered; gaan in vrede.
LUKAS 8:47-48 Die Boodskap (DB)
Nou was die vrou in ’n hoek. Sy kon nie langer stilbly nie. Doodbang het sy voor Jesus kom neerval. Daar voor almal vertel sy toe hoekom sy aan Jesus kom raak het. “En,” het sy gesê, “ek was op die plek gesond.” Toe sê Jesus vir die vrou: “Jy het gewys hoe groot jou geloof is toe jy aan My kom raak het. Daarom is jy nou gesond. Gaan in vrede.”
LUKAS 8:47-48 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Toe die vrou besef dat Jesus weet, het sy begin bewe en op haar knieë voor Hom neergeval. Die hele skare het haar hoor vertel waarom sy Hom aangeraak het en hoe sy onmiddellik gesond geword het. “Dogter,” het Hy vir haar gesê, “jou geloof het jou genees. Gaan in vrede.”