LUKAS 8:9-15
LUKAS 8:9-15 Bybel vir almal (ABA)
Jesus se dissipels vra toe vir Hom wat die gelykenis beteken. Jesus het gesê: “God het vir julle gehelp om die geheim te verstaan dat Hy Koning is en dat Hy regeer. Maar die ander mense verstaan dit nie. Ek vertel vir hulle gelykenisse. “ Daarom kyk daardie mense, maar hulle sien nie, en hulle hoor, maar hulle verstaan nie.” Jesus het toe vir die dissipels gesê wat die gelykenis beteken. Hy het gesê: “Die saad is die boodskap van God. Wanneer die saad op die voetpad val, dan is dit soos wanneer mense die boodskap van God hoor, maar dan kom die duiwel en hy vat die boodskap weg uit hulle harte. Dan kan hulle nie glo nie, en dan red God hulle nie. Wanneer die saad in vlak grond val waar daar klippe onder die grond is, dan is dit soos wanneer mense die boodskap hoor en glo en bly is daaroor. Maar daar is nie 'n diep wortel nie, hulle hou nie aan om te glo nie. Wanneer hulle swaarkry, dan hou hulle op om te glo. Wanneer die saad tussen dorings val, dan is dit soos wanneer mense die boodskap hoor, maar hulle is bekommerd oor baie dinge en hulle wil net ryk word en lekker lewe. Dan is hulle soos plante met vrugte wat nooit ryp word nie. Maar wanneer die saad in vrugbare grond val, is dit soos wanneer mense die boodskap hoor en hulle glo dit met hulle hele hart. Hulle onthou die boodskap en hulle is soos plante wat altyd goeie vrugte dra.”
LUKAS 8:9-15 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En sy dissipels het Hom gevra en gesê: Wat beteken hierdie gelykenis tog? En Hy antwoord: Aan julle is dit gegee om die verborgenhede van die koninkryk van God te ken; maar aan die ander deur gelykenisse, sodat hulle, terwyl hulle sien, nie sien nie, en terwyl hulle hoor, nie verstaan nie. Dit is dan die gelykenis: Die saad is die woord van God. Dié langs die pad is die hoorders. Daarna kom die duiwel en neem die woord uit hul harte weg, sodat hulle nie sou glo en gered word nie. En dié op die rots is hulle wat die woord met blydskap ontvang wanneer hulle dit hoor; en hulle het geen wortel nie, aangesien hulle net vir 'n tyd glo, en in die tyd van versoeking val hulle af. En wat in die dorings geval het — dit is die wat gehoor het, en hulle gaan weg en word verstik deur die sorge en rykdom en genietinge van die lewe en dra geen ryp vrug nie. En wat in die goeie grond val — dit is die wat, nadat hulle gehoor het, die woord in 'n edele en goeie hart hou en met volharding vrug dra.
LUKAS 8:9-15 Afrikaans 1983 (AFR83)
Sy dissipels het Hom gevra wat die betekenis van hierdie gelykenis is. Hy het geantwoord: “Aan julle is dit gegee om die geheime van die koninkryk van God te ken, maar vir die ander bly dit by gelykenisse sodat “hulle kyk sonder om te sien en hoor sonder om te verstaan. ” “Die betekenis van die gelykenis is dit: Die saad is die woord van God. Dié wat op die pad val, dui op mense wat die woord hoor, maar dan kom die duiwel en neem dit uit hulle harte weg sodat hulle nie tot geloof kom en gered word nie. Dié wat op die klipbank val, dui op hulle wat die woord met blydskap aanneem wanneer hulle dit hoor, maar dit skiet nie wortel nie. Hulle geloof hou net 'n tydjie. Die oomblik dat dit op die proef gestel word, gee hulle moed op. Die saad wat tussen die onkruid val, dui op dié wat die woord hoor, maar deur die sorge en die rykdom en die genietinge van die lewe word dit gaandeweg verstik, en dit skiet nie saad nie. Die deel wat in goeie grond val, dui op dié wat die woord met 'n goeie en opregte hart hoor en dit bewaar en deur volharding vrug dra.”
LUKAS 8:9-15 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Sy dissipels het Hom gevra wat die gelykenis beteken. Hy het geantwoord: “Aan julle is gegee om die geheimenisse van die •koninkryk van God te verstaan, maar vir ander bly dit bloot gelykenisse, sodat hulle “ ‘selfs al kyk hulle, nie sal sien nie, en selfs al hoor hulle, nie sal verstaan nie.’ ” “Dit is wat die gelykenis beteken: Die saad is die woord van God. Die saad langs die pad is die mense wat die woord wel hoor, maar dan kom die Duiwel en neem die woord uit hulle harte weg, sodat hulle nie tot geloof kom en verlos word nie. Die saad wat op die klipbank val, is daardie mense wat die woord met blydskap aanneem wanneer hulle dit hoor, maar hulle het nie wortel geskiet nie. Hulle glo net 'n rukkie, en wanneer hulle op die proef gestel word, sak hulle uit. Die saad wat tussen die dorings val, is diegene wat die woord hoor; maar hulle word deur bekommernisse en rykdom en die plesiere van hierdie lewe verstik, en lewer geen oes nie. Die saad wat in die vrugbare grond val, is daardie mense wat die woord met 'n goeie en opregte hart aanhoor, daaraan vashou en met volharding vrug dra.”
LUKAS 8:9-15 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En sy dissipels het Hom gevra en gesê: Wat kan hierdie gelykenis wees? En Hy sê: Aan julle is dit gegee om die verborgenhede van die koninkryk van God te ken, maar aan ander in gelykenisse; sodat hulle nie sien nie, en as hulle hoor, nie sou verstaan nie. En die gelykenis is dit: Die saad is die woord van God. Dié langs die pad is hulle wat hoor; dan kom die duiwel en neem die woord uit hulle harte weg, sodat hulle nie sou glo en gered word nie. Dit is hulle op die rots wat, as hulle dit hoor, die woord met blydskap aanneem; en hulle het geen wortel nie, wat vir 'n tyd lank glo, en in die tyd van versoeking afvallig word. En dit wat tussen die dorings geval het, is hulle wat, as hulle dit gehoor het, uitgaan en verstik word van die sorge en rykdom en genietinge van hierdie lewe, en geen vrugte tot volmaaktheid bring nie. Maar dit is op die goeie grond wat hulle in 'n eerlike en goeie hart, nadat hulle die woord gehoor het, dit bewaar en met lankmoedigheid vrugte dra.
LUKAS 8:9-15 Die Boodskap (DB)
Toe vra sy dissipels Hom: “Wat beteken hierdie verhaal wat U nou vir ons vertel het?” Jesus sê toe vir hulle: “As julle mooi na al my verhale luister, sal julle sommer baie oor God leer. Dan sal julle agterkom hoe dinge in sy splinternuwe wêreld werk. Julle sal dinge hoor wat julle nog nie geweet het nie. Maar daardie mense wat nie wil luister na wat Ek oor God se nuwe wêreld vertel nie, sal dit nooit verstaan nie. Vir hulle is my verhale maar net ’n klomp leë stories. Hulle kyk, maar sien nie. En hulle hoor, maar begryp niks nie.” “Laat Ek nou eers vir julle verduidelik hoe julle die verhaal van die boer wat gaan saai het, moet verstaan: Die saad ... Dit is die boodskap oor God se nuwe wêreld. “Die saad wat op die voetpad geval het ... Wel, dit is die mense wat na die boodskap oor God se nuwe wêreld luister, maar hulle steur hulle nie daaraan nie. Die duiwel sorg dat hulle baie gou vergeet wat hulle gehoor het sodat hulle nie tot geloof kom en gered word nie. Net soos die voëls met die saad gedoen het, kom ‘pik’ die duiwel die goeie saad uit hulle gedagtes uit. “Daar het ook saad in die holtes van die groot klippe geval ... Wel, party mense hoor die boodskap van God en is dan baie opgewonde daaroor, maar net vir ’n rukkie. Sodra hulle geloof iets van hulle vra, sodra hulle moet nee sê vir die sonde, is hulle skielik nie meer so opgewonde nie. Dan is hulle sogenaamde nuwe geloof ook daarmee heen. “Ander saad het tussen die doringbosse beland ... Dit is daardie mense wat God se woord aanvaar. Maar kort voor lank word die eise van hierdie wêreld vir hulle belangriker as hulle geloof. Bo en behalwe al hulle bekommernisse, kry die alewige gejaag na geld en plesier dan voorkeur in hulle lewens. Dan het hulle later niks meer tyd of krag oor om vir die Here te werk nie. Al hierdie dinge verdring hulle geloof uit hulle lewens uit. “En dan die saad wat in die goeie grond geval het ... Dit is daardie mense wat die boodskap van God gehoor het en diep daardeur geraak is. Hulle begin dadelik leef soos God dit wil hê. In alles wat hulle sê of doen, borrel hulle geloof eenvoudig uit. Hulle geloof lewer van dan af heeltyd vrugte op.”
LUKAS 8:9-15 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Sy dissipels het Hom gevra wat die gelykenis beteken. Hy het geantwoord: “God het dit aan julle gegee om die geheime van sy koningsheerskappy te verstaan. Maar vir buitestanders is die gelykenisse raaisels, sodat dit waar word wat die Skrif sê: ‘Hulle sien wat Ek doen, maar eintlik sien hulle nie; hulle hoor wat Ek sê, maar hulle verstaan nie.’ “Die betekenis van die gelykenis is dit: Die saad is God se boodskap. Die saad wat op die harde pad geval het, is die mense wat die boodskap hoor, maar dan kom die duiwel en steel dit en verhoed hulle om te glo en verlos te word. “Die klipperige grond is mense wat die boodskap met blydskap aanhoor. Maar soos jong plantjies in sulke grond het hulle nie diep wortels nie. Hulle glo wel vir ’n rukkie, maar hulle verlep wanneer die warm winde van beproewing waai. “Die saad tussen die onkruid is mense wat die boodskap hoor en ook aanvaar, maar tog te gou word dit verdring deur die sorge en rykdom en plesiere van hierdie lewe. En só groei hulle nooit tot volwassenheid nie. “Maar die saad wat in goeie grond val, is mense met ’n goeie en opregte hart wat God se boodskap hoor, daaraan vashou en konstant ’n groot oes oplewer.”