LUKAS 9:62
LUKAS 9:62 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Maar Jesus het vir hom gesê: “Enigiemand wat die hand aan die ploeg slaan en dan terugkyk, is nie geskik vir die koninkryk van God nie.”
LUKAS 9:62 Bybel vir almal (ABA)
Maar Jesus het vir hom gesê: “Iemand wat begin ploeg en aanhou om agtertoe te kyk, is nie gereed om vir God te werk nie, God wat Koning is.”
LUKAS 9:62 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Jesus antwoord hom: Niemand wat sy hand aan die ploeg slaan en agtertoe kyk, is geskik vir die koninkryk van God nie.
LUKAS 9:62 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe sê Jesus: “Iemand wat die hand aan die ploeg slaan en aanhou omkyk na wat agter is, is nie geskik vir die koninkryk van God nie.”
LUKAS 9:62 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
En Jesus het vir hom gesê: “Niemand wat sy hand aan die ploeg slaan en dan omkyk, is geskik vir die koninkryk van God nie.”
LUKAS 9:62 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Jesus sê vir hom: Niemand wat sy hand aan die ploeg slaan en terugkyk, is geskik vir die koninkryk van God nie.
LUKAS 9:62 Die Boodskap (DB)
Toe sê Jesus vir hom: “Daar’s nie nog tyd oor om jou familie te gaan groet nie. Los dit. Nou moet jy saam met My stap. As jy een van my volgelinge wil wees, moet jy al die ander dinge in jou lewe tweede stel, ook jou familie en vriende. Anders is daar nie vir jou plek in God se nuwe wêreld nie.”