MALEAGI 1:6
MALEAGI 1:6 Bybel vir almal (ABA)
Die Here wat oor alles regeer, sê: “'n Seun eer sy pa, en 'n slaaf eer die man aan wie hy behoort. As Ek julle Vader is, hoekom eer julle My nie? As julle aan My behoort, hoekom respekteer julle My nie? Julle priesters het my Naam nie gerespekteer nie. Maar julle vra: ‘Hoe het ons u Naam nie gerespekteer nie?’
MALEAGI 1:6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
'n Seun eer die vader, en 'n kneg sy heer. As Ek dan 'n Vader is, waar is my eer? En as Ek 'n Heer is, waar is die vrees vir My? sê die HERE van die leërskare aan julle, o priesters, wat my Naam verag! Maar julle sê: Waardeur het ons u Naam verag?
MALEAGI 1:6 Afrikaans 1983 (AFR83)
'n Seun eer sy vader en 'n slaaf sy eienaar. As Ek dan vader is, waar is die eer wat My toekom? En as Ek Here is, waar is die eerbied vir My dan? Dit is wat Ek, die Here die Almagtige, vir júlle vra, priesters, júlle wat My met minagting behandel. Maar julle vra: “Hoe het ons U met minagting behandel?”
MALEAGI 1:6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“'n Seun respekteer 'n vader, en 'n dienaar sy heer. As Ek dan 'n vader is, waar is die respek wat My toekom? As Ek die Opperheer is, waar is die ontsag vir My?” Die HERE, Heerser oor alle magte, sê: “Dit geld vir julle, priesters, wat my Naam minag! Maar julle vra, ‘Hoe minag ons u Naam?’
MALEAGI 1:6 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
'n Seun eer sy vader en 'n dienskneg sy heer; as ek dan 'n vader is, waar is my eer? en as ek 'n meester is, waar is my vrees? spreek die HERE van die leërskare aan julle, o priesters, wat my Naam verag. En julle sê: Waarin het ons u Naam verag?
MALEAGI 1:6 Die Boodskap (DB)
’n Kind respekteer tog sy pa en ’n werknemer sy hoof. Julle noem My julle Vader en julle Here, maar waar is die eer en respek wat Ek dan moet kry? Dit wil Ek, wat die Grootkoning is, by julle weet, priesters, want julle maak My belaglik voor die mense. En tog vra julle ewe onskuldig: “Wanneer het ons U ooit belaglik gemaak?”
MALEAGI 1:6 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Vir die priesters sê die HERE, die Almagtige: “’n Seun eer sy pa en ’n slaaf sy meester. Ek is julle Vader en julle Meester, maar waar is die eer en respek wat My toekom? Julle het My geminag! Maar julle vra: ‘Op watter wyse het ons U geminag?’