MALEAGI 4:1-3
MALEAGI 4:1-3 Bybel vir almal (ABA)
Die Here wat oor alles regeer, sê: “Die dag is nou naby, en die dag brand soos 'n vuur. Al die hoogmoedige mense en almal wat verkeerd doen, sal soos kaf wees, en op daardie dag sal hulle verbrand. Daar sal niks van hulle oorbly nie. Maar die son sal skyn oor julle wat My eer. Die son se strale sal julle red en julle gesond maak. Julle sal vry word en rondspring soos kalwers wat genoeg kos gekry het. Op daardie dag wanneer Ek doen wat Ek wil doen, sal julle op die slegte mense trap. Hulle sal wees soos kaf wat verbrand het.” Dit sê die Here wat oor alles regeer.
MALEAGI 4:1-3 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
WANT kyk, die dag kom, en dit brand soos 'n oond. Dan sal al die vermeteles en almal wat goddeloosheid bedrywe, 'n stoppel wees; en die dag wat kom, sal hulle aan die brand steek, sê die HERE van die leërskare; sodat dit vir hulle geen wortel of tak sal oorlaat nie. Maar vir julle wat my Naam vrees, sal die son van geregtigheid opgaan, en daar sal genesing onder sy vleuels wees; en julle sal uittrek en huppel soos kalwers uit die stal. En julle sal die goddelose vertrap, want hulle sal soos stof wees onder julle voetsole op die dag wat Ek skep, sê die HERE van die leërskare.
MALEAGI 4:1-3 Afrikaans 1983 (AFR83)
Die dag kom en hy brand soos 'n oond. Dié wat teen God in opstand is, almal wat verkeerd doen, sal die kaf wees, en hulle sal verbrand word deur die dag wat kom, sê die Here die Almagtige. Daar sal van hulle nie 'n wortel, nie 'n tak oorbly nie. Maar vir julle wat eerbied het vir my Naam, sal die son van redding skyn met genesing in sy strale. Julle sal vry word en bokspring soos vetgemaakte kalwers. Julle sal die goddeloses vertrap dat hulle soos stof onder julle voete word die dag as Ek ingryp, sê die Here die Almagtige.
MALEAGI 4:1-3 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“Want kyk, die dag gaan kom, dit gaan brand soos 'n oond. Dan sal al die verwaande mense en elke booswig kaf wees, en die dag wat kom, sal hulle verbrand,” sê die HERE, Heerser oor alle magte, “daar sal nie wortel of tak van hulle oorbly nie. Maar vir julle wat ontsag het vir my Naam, sal die son van geregtigheid deurbreek met genesing in sy strale. Dan sal julle uitgaan en bokspring soos kalwers wat op stal was, en julle sal die goddeloses vertrap. Ja, hulle sal as onder die sole van julle voete wees, op die dag wat Ek voorberei,” sê die HERE, Heerser oor alle magte.
MALEAGI 4:1-3 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want kyk, die dag kom wat brand soos 'n oond; en al die hoogmoediges, en ook almal wat goddeloos handel, sal stoppels wees; Maar vir julle wat my Naam vrees, sal die son van geregtigheid opgaan met genesing onder sy vleuels; en julle sal uittrek en opgroei soos kalwers van die stal. En julle sal die goddelose vertrap; want hulle sal as onder julle voetsole wees op die dag as Ek dit doen, spreek die HERE van die leërskare.
MALEAGI 4:1-3 Die Boodskap (DB)
Onthou, die dag van afrekening kom. ’n Mens sou dit kon vergelyk met ’n verskriklike warm vuur. Op daardie dag sal die selftevrede, beterweterige mense wat gedink het God is iemand met wie jy speletjies kan speel, soos fyn houtjies in ’n vuur wees. Die vlamme sal nog skaars aan hulle raak, dan is hulle klaar tot as verbrand. Daar sal niks van hulle oorbly nie, sê die Here, die Grootkoning. Maar vir dié van julle wat My liefhet en aan My gehoorsaam is, sal my verlossing soos die son wees. Wanneer dit opkom, jaag dit die donker weg en gee lig. Daar waar die son se strale op ’n seerplek skyn, word dit vinnig gesond. So sal Ek die nuwe lewe oor julle laat kom. Dan sal julle soos opgewonde kinders wees wat ’n nuwe geskenk kry. Julle sal nie kan wag om vir almal daarvan te vertel nie. Op daardie dag sal die onverskillige mense agterkom dat hulle niks is nie, maar julle sal sien dat die Here sy beloftes hou teenoor die mense wat Hom liefhet en na Hom luister.
MALEAGI 4:1-3 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Die HERE, die Almagtige, sê: “Die dag kom en dit brand soos ’n vuuroond. Op dié dag sal alle verwaande, alle goddelose mense soos kaf deur vuur verteer word. Niks sal oorbly nie, nie wortel of tak nie. “Maar die Son van Geregtigheid, met genesing in sy vlerke, sal opkom vir julle wat eerbied en respek vir My het. Julle sal uitgaan en vrolik rondspring soos kalwers wat uit die kraal kom.” Die HERE, die Almagtige, sê: “Op dié dag sal julle die goddeloses vertrap asof hulle stof onder julle voete is.