MATTEUS 1:20
MATTEUS 1:20 Bybel vir almal (ABA)
Terwyl Josef hieroor gedink het, het daar 'n engel van die Here aan hom verskyn en vir hom gesê: “Josef, jy wat van die nageslag van Dawid is, jy moenie bang wees om met Maria te trou nie. Sy verwag 'n baba, maar dit is die Heilige Gees wat dit laat gebeur het.
MATTEUS 1:20 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar terwyl hy dit in die gedagte gehad het, verskyn daar 'n engel van die Here in 'n droom aan hom en sê: Josef, seun van Dawid, wees nie bevrees om Maria, jou vrou, by jou te neem nie, want wat in haar verwek is, is uit die Heilige Gees
MATTEUS 1:20 Afrikaans 1983 (AFR83)
Terwyl hy dit in gedagte gehad het, het daar 'n engel van die Here in 'n droom aan hom verskyn en gesê: “Josef seun van Dawid, moenie bang wees om met Maria te trou nie, want wat in haar verwek is, kom van die Heilige Gees.
MATTEUS 1:20 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Terwyl hy daaroor nagedink het, het daar skielik 'n engel van die Here in 'n droom aan hom verskyn en gesê: “Josef, seun van Dawid, moenie bang wees om Maria as jou vrou by jou te neem nie, want wat in haar verwek is, is uit die Heilige Gees.
MATTEUS 1:20 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar terwyl hy oor hierdie dinge nadink, verskyn die engel van die Here aan hom in 'n droom en sê: Josef, seun van Dawid, wees nie bevrees om jou vrou Maria vir jou te neem nie, want wat in haar verwek is, is uit die Heilige Gees.
MATTEUS 1:20 Die Boodskap (DB)
Terwyl Josef besig was om planne te beraam hoe om uit sy verknorsing te kom, het hy een nag ’n droom gehad. ’n Engel van die Here het vir hom kom sê: “Trou met Maria. En moenie bekommerd wees nie. Dit is die Heilige Gees wat haar laat verwag het.
MATTEUS 1:20 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Met hierdie dinge in gedagte het hy aan die slaap geraak. Daarop verskyn ’n engel van die Here in ’n droom aan hom en sê: “Moenie huiwer om voort te gaan met jou huwelik met Maria nie. Die Kindjie wat sy dra, is verwek deur die Heilige Gees.