MATTEUS 1:5-6
MATTEUS 1:5-6 Bybel vir almal (ABA)
Salmon was die pa van Boas, en Boas se ma was Ragab. Boas was die pa van Obed, en Obed se ma was Rut. Obed was die pa van Isai en Isai die pa van koning Dawid. Dawid was die pa van Salomo, en Salomo se ma was die vrou van Uria.
MATTEUS 1:5-6 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
en Salmon die vader van Boas by Ragab, en Boas die vader van Obed by Rut, en Obed die vader van Ísai, en Ísai die vader van koning Dawid, en koning Dawid die vader van Salomo by die vrou van Uría
MATTEUS 1:5-6 Afrikaans 1983 (AFR83)
Salmon was die vader van Boas by Ragab, Boas van Obed by Rut, Obed van Isai; Isai was die vader van koning Dawid. Dawid was die vader van Salomo by die vrou van Urija
MATTEUS 1:5-6 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Salmon het Boas by Ragab verwek, Boas het Obed by Rut verwek, Obed het Isai verwek en Isai het Dawid, die koning, verwek.
MATTEUS 1:5-6 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Salmon was die vader van Boos van Ragab; en Boos was die vader van Obed van Rut; en Obed was die vader van Isai; En Isai was die vader van koning Dawid; en koning Dawid het Salomo verwek van haar wat die vrou van Urias was
MATTEUS 1:5-6 Die Boodskap (DB)
Salmon was getroud met Ragab. Hulle het ’n seun gehad met die naam Boas. Sy vrou se naam was Rut. Sy was ’n Moabiet. Hulle het hulle seun Obed genoem. Obed se seun was Isai. Isai was die pa van koning Dawid. Dawid was Salomo se pa. Salomo is gebore uit die verhouding tussen Dawid en Batseba.