MATTEUS 10:1-5
MATTEUS 10:1-5 Afrikaans 1983 (AFR83)
Jesus het sy twaalf dissipels nader geroep en hulle mag gegee om onrein geeste uit te dryf en om elke soort siekte en kwaal gesond te maak. Die name van die twaalf apostels was: in die eerste plek Simon, wat ook Petrus genoem word, en sy broer Andreas; Jakobus seun van Sebedeus, en sy broer Johannes; Filippus en Bartolomeus; Tomas en Matteus die tollenaar; Jakobus seun van Alfeus, en Taddeus; Simon die Kananeër, en Judas Iskariot wat vir Jesus verraai het. Jesus het hierdie twaalf uitgestuur en die volgende opdragte aan hulle gegee: “Moenie met 'n pad na die heidennasies toe afdraai nie en moenie in 'n dorp van die Samaritane ingaan nie.
MATTEUS 10:1-5 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Jesus het sy twaalf dissipels na Hom toe geroep en aan hulle die volmag gegee om onrein geeste uit mense te dryf en elkeen met ’n siekte of kwaal gesond te maak. Hier volg die name van die twaalf apostels: eerstens Simon (ook bekend as Petrus), en Andreas (sy broer), vervolgens Jakobus (die seun van Sebedeus) en Johannes (sy broer), Filippus en Bartolomeus, Tomas en Matteus (die tollenaar), Jakobus (die seun van Alfeus) en Taddeus, Simon (die Yweraar) en Judas Iskariot (wat Jesus sou uitlewer). Jesus het hierdie twaalf uitgestuur met die volgende instruksies: “Moenie afdraai na gebiede waar die nie-Jode woon of in ’n Samaritaanse dorp ingaan nie.
MATTEUS 10:1-5 Bybel vir almal (ABA)
Jesus het sy twaalf dissipels na Hom toe geroep. Hy het vir hulle krag gegee om onrein geeste uit mense te jaag en om al die siek mense gesond te maak. Hier is die name van die twaalf apostels: Simon, sy ander naam was Petrus, en sy broer Andreas, Jakobus seun van Sebedeus, en sy broer Johannes, Filippus en Bartolomeus, Tomas en Matteus die tollenaar, Jakobus seun van Alfeus, Taddeus, Simon die patriot, en Judas Iskariot wat later vir Jesus verraai het. Jesus het hierdie twaalf dissipels gestuur om te gaan preek. Hy het vir hulle gesê: “Moenie gaan na die heidene en moenie gaan na 'n stad van die Samaritane nie.
MATTEUS 10:1-5 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EN Hy het sy twaalf dissipels na Hom geroep en aan hulle mag gegee oor onreine geeste, om hulle uit te dryf en om elke siekte en elke kwaal te genees. En dit is die name van die twaalf apostels: die eerste Simon wat Petrus genoem word, en Andréas, sy broer; Jakobus, die seun van Sebedéüs, en Johannes, sy broer; Filippus en Bartholoméüs; Thomas en Matthéüs, die tollenaar; Jakobus, die seun van Alféüs, en Lebbéüs wat genoem word Thaddéüs; Simon Kananítes en Judas Iskáriot, die een wat Hom verraai het. Jesus het hierdie twaalf uitgestuur en hulle bevel gegee en gesê: Moenie gaan op pad na die heidene nie, en moenie ingaan in 'n stad van die Samaritane nie
MATTEUS 10:1-5 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Jesus het toe sy twaalf dissipels nader geroep en aan hulle gesag oor •onrein geeste gegee om hulle te kan uitdryf en om elke siekte en elke kwaal gesond te kan maak. Die twaalf •apostels se name was: eerstens Simon, wat bekend staan as •Petrus, en sy broer Andreas; Jakobus, seun van Sebedeus, en sy broer Johannes; Filippus en Bartolomeus; Thomas en Matteus die •tollenaar; Jakobus, seun van Alfeus, en Taddeus; Simon Kananeus en Judas Iskariot, wat Hom verraai het. Jesus het hierdie twaalf uitgestuur, nadat Hy hulle die volgende opdragte gegee het: “Moet julle nie begewe op 'n pad na die heidene, en moenie in 'n Samaritaanse dorp ingaan nie
MATTEUS 10:1-5 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En nadat Hy sy twaalf dissipels na Hom geroep het, het Hy hulle mag gegee teen onrein geeste, om hulle uit te dryf en om elke siekte en elke kwaal te genees. En die name van die twaalf apostels is dit; Die eerste, Simon, wat Petrus genoem word, en Andreas, sy broer; Jakobus, die seun van Sebedeüs, en Johannes, sy broer; Filippus en Bartolomeus; Thomas en Matteus, die tollenaar; Jakobus, die seun van Alfeus, en Lebbaeus, wie se van Thaddeus was; Simon die Kanaäniet en Judas Iskariot, wat hom ook verraai het. Jesus het hierdie twaalf uitgestuur en hulle bevel gegee en gesê: Moenie op die pad van die heidene gaan nie, en moenie ingaan in enige stad van die Samaritane nie.
MATTEUS 10:1-5 Die Boodskap (DB)
Daarna roep Jesus sy twaalf dissipels eenkant toe. Hulle was: Simon (Petrus was sy ander naam); Andreas (hy was Simon se broer); die twee broers Jakobus en Johannes (Sebedeus was hulle pa); dan was daar ook Filippus, Bartolomeus en Tomas; Matteus (die een wat Jesus by die tolhuis ontmoet het) en Jakobus (Alfeus was sy pa); Taddeus; Simon (van Kana af); Judas Iskariot (hy het later teen Jesus gedraai en Hom verraai). Dit was die eerste groep mense wat in die ryp oeslande moes gaan werk. Jesus het vir hulle die nodige toerusting gegee, naamlik die mag om bose geeste te verjaag wat mense se lewe deurmekaarkrap, om siekes gesond te maak, en om mense te help wat op die een of ander manier deur die lewe gekneus is.