MATTEUS 10:29-30
MATTEUS 10:29-31 Bybel vir almal (ABA)
“'n Mens kan twee mossies verkoop vir een sent. Hulle is baie goedkoop. Maar nie een van hulle val dood op die grond as julle Vader dit nie wil hê nie. Julle is vir God baie belangriker as baie mossies. God weet presies hoeveel hare op elke mens se kop is. Daarom moet julle nie bang wees vir mense nie.”
MATTEUS 10:29-30 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Word twee mossies nie vir 'n stuiwer verkoop nie? En nie een van hulle sal op die aarde val sonder julle Vader nie. En van julle is selfs die hare van die hoof almal getel.
MATTEUS 10:29-30 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Is twee mossies nie vir 'n sent te koop nie? En tog sal nie een van hulle op die grond val sonder die wil van julle Vader nie. Van julle is selfs die hare op julle kop almal getel.
MATTEUS 10:29-30 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“Word twee mossies nie vir 'n assarius verkoop nie? En nie een van hulle sal op die grond val sonder julle Vader nie. En julle – selfs die hare op julle kop is almal getel.
MATTEUS 10:29-30 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Word twee mossies nie vir 'n penning verkoop nie? en een van hulle sal nie op die grond val sonder julle Vader nie. Maar die hare van julle hoof is almal getel.
MATTEUS 10:29-30 Die Boodskap (DB)
“Wat dink julle sal iemand vir ’n mossie wil betaal? ’n Paar sent miskien, of hoe? Al is hulle vir ons so min werd, gee God tog baie vir hulle om. Kyk net hoe sorg Hy vir hulle. Nou nog ’n vraag: Wat dink julle, vir wie gee God die meeste om, vir mossies of vir julle? Ek hoef eintlik nie eens hierop te antwoord nie: God gee natuurlik duisend maal meer vir julle om. Van kop tot tone is julle vir Hom belangrik.