MATTEUS 11:12 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion
MATTEUS 11:12 AFR83 (Afrikaans 1983)
Sedert die dae van Johannes die Doper tot nou toe breek die koninkryk van die hemel vir homself 'n pad oop, en mense wat hulle kragtig inspan, kry dit in besit.
MATTEUS 11:12 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
Maar van die dae van Johannes die Doper af tot nou toe word die koninkryk van die hemele bestorm, en bestormers gryp dit met geweld.
MATTEUS 11:12 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Vandat Johannes die Doper begin preek het tot nou toe is God se koninkryk besig om vir homself ’n pad oop te breek en mense wat al hulle kragte daarop toespits, maak dit hulle eie.
MATTEUS 11:12 DB (Die Boodskap)
Van die dag dat Johannes begin preek het tot nou toe het die onkeerbare krag van God se nuwe wêreld al keer op keer oor die mense gespoel. Mense wat op en wakker is, gryp elke geleentheid aan om deel te word daarvan.
MATTEUS 11:12 ABA (Bybel vir almal)
Johannes die Doper het begin preek in die woestyn. Maar van toe af tot nou toe is mense opstandig teen God, die Koning wat in die hemel is. Hulle wil self konings wees.
MATTEUS 11:12 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Maar sedert die dae van Johannes die Doper tot nou toe ly die koninkryk van die hemele onder geweld en probeer geweldenaars dit in besit neem.
MATTEUS 11:12 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En van die dae van Johannes die Doper af tot nou toe word die koninkryk van die hemele onder geweld gebuk, en die geweldenaars neem dit met geweld.