MATTEUS 14:22-23
MATTEUS 14:22-23 Bybel vir almal (ABA)
Daarna het Jesus vir die dissipels gesê hulle moet dadelik in die boot klim en voor Hom na die ander kant van die see gaan. Hy wou eers vir die mense sê hulle moet huis toe gaan. Nadat Jesus al die mense huis toe gestuur het, het Hy alleen teen die berg opgegaan om te bid. Dit het donker geword en Jesus was alleen daar.
MATTEUS 14:22-23 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EN Jesus het dadelik sy dissipels gedwing om in die skuit te gaan en voor Hom uit te vaar na die oorkant, terwyl Hy die skare wegstuur. En nadat Hy die skare weggestuur het, klim Hy op die berg om in die eensaamheid te bid. En toe dit aand geword het, was Hy daar alleen.
MATTEUS 14:22-23 Afrikaans 1983 (AFR83)
Net daarna het Jesus sy dissipels in die skuit laat klim om solank voor Hom uit te vaar na die oorkant toe terwyl Hy nog eers die mense huis toe laat gaan. Nadat Hy die mense weggestuur het, het Hy alleen na die berg toe gegaan om te bid. Toe dit aand word, was Hy daar alleen.
MATTEUS 14:22-23 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
En onmiddellik het Jesus sy dissipels verplig om in die boot te klim en solank voor Hom uit na die oorkant te vaar, terwyl Hy die skare wegstuur. Nadat Hy die skare weggestuur het, het Hy teen die berg opgegaan om in afsondering te bid. Toe dit aand geword het, was Hy daar alleen.
MATTEUS 14:22-23 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En Jesus het dadelik sy dissipels gedwing om in 'n skip te klim en voor Hom uit na die oorkant te gaan, terwyl Hy die skare wegstuur. En nadat Hy die skare weggestuur het, het Hy op 'n berg afgesonder om te bid; en toe dit aand geword het, was Hy alleen daar.
MATTEUS 14:22-23 Die Boodskap (DB)
Na die ete het Jesus vir sy dissipels gesê om solank in die skuit te klim en na die oorkant van die See van Galilea te vaar. Hy het die skare ook na hulle huise toe teruggestuur. Toe almal weg is, het Jesus alleen teen die berg opgeklim om te gaan bid. Daar het Hy tot laat in die nag gebly.
MATTEUS 14:22-23 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Dadelik hierna het Jesus sy dissipels gedwing om weer in die skuit te klim en na die oorkant van die see te vaar terwyl Hy die mense intussen huis toe stuur. Daarna het Hy teen die berg uitgeklim om eenkant te gaan bid. Laataand was Hy alleen daar.