Skip to content
Die embleem van die Bybeltoep

MATTEUS 15:30 – Vergelyk alle weergawes

MATTEUS 15:30 AFR83 (Afrikaans 1983)

Baie mense het na Hom toe gekom met verlamdes, blindes, gebreklikes, dowes en nog baie ander, en hulle voor Hom neergesit. Hy het hulle gesond gemaak

MATTEUS 15:30 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En ondertussen kom daar groot menigtes na Hom met kreupeles, blindes, stommes, gebreklikes en baie ander by hulle, en hulle het dié by die voete van Jesus neergesit, en Hy het hulle gesond gemaak

MATTEUS 15:30 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

’n Groot skare het met hulle verlamdes, blindes, kreupeles, stommes en nog baie ander siekes na Jesus toe gekom en hulle voor Hom neergesit. En Hy het hulle gesond gemaak.

MATTEUS 15:30 DB (Die Boodskap)

’n Groot aantal mense het daar na Hom toe gekom. Hulle het baie siekes saamgebring: verlamdes, blindes, doofstom mense, gebreklikes en sommer nog ’n menigte. Hierdie siek mense is almal gesond gemaak.

MATTEUS 15:30 ABA (Bybel vir almal)

'n Klomp mense het na Hom toe gekom. Hulle het mense saamgebring wat verlam was, of blind, of kreupel, of doof en stom, en hulle het ook baie ander siek mense gebring. Hulle het die siek mense voor Jesus se voete neergesit en Hy het hulle gesond gemaak.

MATTEUS 15:30 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

'n Groot skare het na Hom gekom met verlamdes, blindes, kreupeles, doofstommes en baie ander saam met hulle. Hulle het dié mense by sy voete neergelê, en Hy het hulle gesond gemaak

MATTEUS 15:30 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En groot menigtes het na Hom gekom en kreupeles, blindes, stomme, verminktes en baie ander by hulle gehad, en hulle het hulle voor Jesus se voete neergegooi; en Hy het hulle gesond gemaak