Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

MATTEUS 15:32 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

MATTEUS 15:32 AFR83 (Afrikaans 1983)

Jesus het sy dissipels nader geroep en vir hulle gesê: “Ek kry hierdie mense innig jammer, want hulle is nou al drie dae lank hier by My en hulle het niks om te eet nie. En Ek wil hulle ook nie sonder kos huis toe stuur nie, want hulle kan miskien op pad beswyk.”

MATTEUS 15:32 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

Toe het Jesus sy dissipels na Hom geroep en gesê: Ek voel innig jammer vir die skare, omdat hulle al drie dae by My bly en niks het om te eet nie; en Ek wil hulle nie graag honger wegstuur nie, sodat hulle nie miskien op die pad beswyk nie.

MATTEUS 15:32 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Jesus het sy dissipels nadergeroep met die woorde: “Ek voel baie jammer vir hierdie mense, want hulle is nou al drie dae by My en hulle het niks om te eet nie. Ek wil hulle ook nie met leë mae wegstuur nie; anders beswyk hulle dalk van honger langs die pad.”

MATTEUS 15:32 DB (Die Boodskap)

Terwyl die skare nog in vervoering was oor wat om hulle gebeur het, het Jesus sy dissipels nader geroep en vir hulle gesê: “Ek voel innig jammer vir hierdie mense. Hulle is al ’n volle drie dae hier by My en hulle het niks om te eet nie. Ek wil hulle nie honger huis toe stuur nie. Dalk maak hulle dit nie op die lang pad terug nie.”

MATTEUS 15:32 ABA (Bybel vir almal)

Jesus het sy dissipels na Hom toe geroep. Hy het vir hulle gesê: “Ek voel baie jammer vir al hierdie mense, want hulle is al drie dae by My en hulle het niks kos nie. Ek wil hulle nie honger wegstuur huis toe nie, want hulle sal flou word voordat hulle by die huis is.”

MATTEUS 15:32 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Daarop het Jesus sy dissipels nader geroep en gesê: “Ek voel innig jammer vir die skare, want hulle is reeds drie dae by My en het niks om te eet nie. Ek wil hulle nie honger wegstuur nie, anders kan hulle onderweg beswyk.”

MATTEUS 15:32 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Toe roep Jesus sy dissipels na Hom en sê: Ek het medelye met die skare, want hulle bly nou drie dae by My en het niks om te eet nie; en Ek sal hulle nie laat vas nie, sodat hulle nie op die pad beswyk nie.