MATTEUS 15:8-9
MATTEUS 15:8-9 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Hierdie volk eer My met hulle mond, maar hulle hart is ver van My af. Dit help niks dat hulle My probeer dien deur leerstellings van mense as gebooie van God voor te hou nie. ”
MATTEUS 15:8-9 Bybel vir almal (ABA)
“ Hierdie volk sê hulle respekteer My, maar dit is nie waar nie, hulle harte is ver van my. Dit help niks om God so te dien nie. Want hulle leer vir die mense wette wat hulle self gemaak het en dan sê hulle dit is God se wette.”
MATTEUS 15:8-9 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Hierdie volk nader My met hulle mond en eer My met die lippe, maar hulle hart is ver van My af. Maar tevergeefs vereer hulle My deur leringe te leer wat gebooie van mense is.
MATTEUS 15:8-9 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“ ‘Hierdie volk eer My met die lippe, maar hulle harte is ver van My af; tevergeefs vereer hulle My, want hulle onderrig as leerstellings die voorskrifte van mense.’ ”
MATTEUS 15:8-9 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Hierdie volk nader My met hulle mond en eer My met hulle lippe; maar hulle hart is ver van my af. Maar tevergeefs aanbid hulle My deur leringe te leer wat gebooie van mense is.