MATTEUS 17:1 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion
MATTEUS 17:1 AFR83 (Afrikaans 1983)
Ses dae later het Jesus vir Petrus en Jakobus en sy broer Johannes saamgeneem en hulle op 'n hoë berg gebring waar hulle alleen was.
MATTEUS 17:1 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
EN ná ses dae het Jesus vir Petrus en Jakobus en Johannes, sy broer, saamgeneem en hulle op 'n hoë berg in die eensaamheid gebring.
MATTEUS 17:1 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Ses dae later neem Jesus vir Petrus en Jakobus en sy broer Johannes saam met Hom en vat hulle teen ’n hoë berg uit waar hulle alleen was.
MATTEUS 17:1 DB (Die Boodskap)
Ses dae later het drie dissipels ’n voorsmaak gekry van God se nuwe wêreld. Dit het gebeur toe Petrus, Johannes en Jakobus alleen saam met Jesus op ’n hoë berg was.
MATTEUS 17:1 ABA (Bybel vir almal)
Ná ses dae het Jesus vir Petrus en Jakobus en Jakobus se broer Johannes saam met Hom geneem tot op 'n hoë berg. Daar was nie ander mense by hulle nie.
MATTEUS 17:1 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Ses dae later het Jesus vir •Petrus en Jakobus en sy broer Johannes saamgeneem en hulle teen 'n hoë berg uitgelei, waar hulle alleen was.
MATTEUS 17:1 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En ná ses dae het Jesus vir Petrus, Jakobus en Johannes, sy broer, geneem en hulle apart op 'n hoë berg gebring