MATTEUS 20:26-27 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

MATTEUS 20:26-27 AFR83 (Afrikaans 1983)

Maar by julle moet dit nie so wees nie. Elkeen wat in julle kring groot wil word, moet julle dienaar wees; en elkeen wat onder julle die eerste wil wees, moet julle slaaf wees.

MATTEUS 20:26-27 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

maar só moet dit onder julle nie wees nie; maar elkeen wat onder julle groot wil word, moet julle dienaar wees. En elkeen wat onder julle die eerste wil word, moet julle dienskneg wees

MATTEUS 20:26-27 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Maar onder julle moet dit heeltemal anders wees. Wie onder julle ’n leier wil wees, behoort julle dienskneg te wees. En wie die eerste onder julle wil wees, moet julle slaaf wees.

MATTEUS 20:26-27 DB (Die Boodskap)

Julle mag egter nooit so maak nie. As een van julle in God se oë belangrik wil wees, moet hy bereid wees om ander te dien. “Is julle op soek na ’n leiersposisie in die kerk? Wel, word dan ander gelowiges se slaaf. ’n Slaaf het net een doel voor oë, en dit is om sy eienaar van vroeg tot laat tevrede te stel.

MATTEUS 20:26-27 ABA (Bybel vir almal)

Dit moenie so wees by julle nie. As een van julle die belangrikste wil wees, dan moet hy die ander dien. As een van julle bo die ander wil wees, dan moet hy almal se slaaf wees.

MATTEUS 20:26-27 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

So mag dit nie by julle wees nie; maar wie belangrik onder julle wil wees, moet julle dienaar wees, en wie eerste onder julle wil wees, moet julle slaaf wees.

MATTEUS 20:26-27 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Maar so sal dit nie onder julle wees nie; maar elkeen wat groot wil wees onder julle, laat hom julle dienaar wees; En elkeen wat onder julle die hoof wil wees, laat hom julle dienaar wees.