MATTEUS 20:28
MATTEUS 20:28 Bybel vir almal (ABA)
Julle moet wees soos Ek is. Ek, die Seun van die mens, het gekom, maar nie sodat almal My moet dien nie. Ek het gekom om mense te dien en om my lewe te gee en te sterf. So sal Ek betaal om baie mense vry te maak van hulle sonde.”
MATTEUS 20:28 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
net soos die Seun van die mens nie gekom het om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee as 'n losprys vir baie.
MATTEUS 20:28 Afrikaans 1983 (AFR83)
So is dit ook met die Seun van die mens: Hy het nie gekom om gedien te word nie maar om te dien en sy lewe te gee as losprys vir baie mense.”
MATTEUS 20:28 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Net so het die •Seun van die Mens nie gekom om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe as losprys vir baie te gee. ”
MATTEUS 20:28 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Net soos die Seun van die mens nie gekom het om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee as 'n losprys vir baie.
MATTEUS 20:28 Die Boodskap (DB)
Kyk na My: Ek is die Seun van die mens. Tog het Ek nie op ’n troon kom sit sodat mense My van kop tot tone kan bedien nie. Nee, Ek het gekom om te dien. Ek gaan binnekort selfs my lewe ter wille van julle almal opoffer. My lewe sal die losprys wees wat baie mense uit die mag van die dood loskoop.”