MATTEUS 20:34
MATTEUS 20:34 Bybel vir almal (ABA)
Jesus was baie jammer vir hulle en Hy het aan hulle oë geraak. Die mans kon dadelik sien en hulle het Jesus gevolg.
MATTEUS 20:34 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Jesus het innig jammer vir hulle gevoel en hulle oë aangeraak, en dadelik het hulle oë gesien, en hulle het Hom gevolg.
MATTEUS 20:34 Afrikaans 1983 (AFR83)
Jesus het hulle innig jammer gekry en hulle oë aangeraak. Dadelik kon hulle sien en het hulle Hom gevolg.
MATTEUS 20:34 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Jesus het hulle innig jammer gekry en hulle oë aangeraak. En hulle kon onmiddellik sien en het Hom gevolg.
MATTEUS 20:34 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe het Jesus hulle innig jammer gekry en hulle oë aangeraak, en dadelik het hulle oë gesien, en hulle het Hom gevolg.
MATTEUS 20:34 Die Boodskap (DB)
Jesus het hulle baie jammer gekry omdat hulle so hulpeloos daar gesit het. Toe vat Hy aan hulle oë. Dadelik kon hulle weer sien. Hulle kon hulle oë nie glo nie. Vol blydskap het hulle daar en dan by die res van die skare ingeval en agter Jesus aangestap.