MATTEUS 25:36
MATTEUS 25:36 Die Boodskap (DB)
Julle het vir My klere gegee toe Ek niks gehad het om aan te trek nie. Op my siekbed het julle My geduldig versorg. Toe Ek in die tronk beland het, het julle julle nie vir My geskaam nie, maar vir My kom kuier.’
Deel
Lees MATTEUS 25MATTEUS 25:36 Bybel vir almal (ABA)
Ek het nie klere gehad nie, en julle het vir My klere gegee om aan te trek. Ek was siek, en julle het vir My gesorg. Ek was in die tronk, en julle het My besoek.’
Deel
Lees MATTEUS 25MATTEUS 25:36 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Ek was naak, en julle het My geklee; Ek was siek, en julle het My besoek; in die gevangenis was Ek, en julle het na My gekom.
Deel
Lees MATTEUS 25MATTEUS 25:36 Afrikaans 1983 (AFR83)
Ek was sonder klere, en julle het vir My klere gegee; siek, en julle het My verpleeg; in die tronk, en julle het My besoek.’
Deel
Lees MATTEUS 25MATTEUS 25:36 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Ek was nakend, en julle het My geklee; Ek was siek, en julle het My versorg; Ek was in die tronk, en julle het My besoek.’
Deel
Lees MATTEUS 25