MATTEUS 26:40
MATTEUS 26:40 Bybel vir almal (ABA)
Jesus het teruggekom na die drie dissipels toe en toe sien Hy hulle slaap. Hy het vir Petrus gevra: “Hoekom kon julle nie een uur saam met My wakker bly nie?
MATTEUS 26:40 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Hy kom by die dissipels en vind hulle aan die slaap, en Hy sê vir Petrus: So was julle dan nie in staat om een uur saam met My te waak nie?
MATTEUS 26:40 Die Boodskap (DB)
Jesus se dissipels het egter aan die slaap geraak. Hy maak Petrus toe wakker: “Wat gaan aan? Het jy dit nie eens in jou om ’n klein rukkie saam met My wakker te bly nie?
MATTEUS 26:40 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daarna kom Hy na die dissipels toe terug en kry hulle aan die slaap. Hy sê toe vir Petrus: “Kon julle nie eens een uur lank saam met My waak nie?
MATTEUS 26:40 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Hy kom toe by die dissipels en vind hulle aan die slaap, en Hy sê vir Petrus: “Was julle dan nie in staat om een uur lank saam met My te waak nie?