MATTEUS 26:63
MATTEUS 26:63 Bybel vir almal (ABA)
Maar Jesus het stilgebly. Toe sê die hoëpriester vir Hom: “Ek sê vir jou, jy moet voor die God wat lewe, sê of jy die Christus is, die Seun van God.”
MATTEUS 26:63 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar Jesus het stilgebly. En die hoëpriester antwoord en sê vir Hom: Ek besweer U by die lewende God dat U vir ons sê of U die Christus, die Seun van God, is?
MATTEUS 26:63 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar Jesus het niks gesê nie. Die hoëpriester sê toe vir Hom: “Ek stel jou onder 'n eed by die lewende God dat jy vir ons moet sê: Is jy die Christus, die Seun van God?”
MATTEUS 26:63 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Maar Jesus het stilgebly. Die hoëpriester sê toe vir Hom: “Ek besweer jou by die lewende God dat jy vir ons moet sê of jy die Christus, die •Seun van God is.”
MATTEUS 26:63 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar Jesus het stilgebly. En die hoëpriester antwoord en sê vir hom: Ek besweer jou by die lewende God, dat jy vir ons moet sê of U die Christus is, die Seun van God.