MATTEUS 27:22-23
MATTEUS 27:22-23 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Maar as ek Barabbas vir julle vrylaat,” het Pilatus hulle gevra, “wat moet ek dan met Jesus die ‘Messias’ doen?” Hulle roep almal: “Hy moet gekruisig word!” “Hoekom?” vra Pilatus. “Watter misdaad het hy dan begaan?” Maar hulle het al hoe harder begin skree: “Hy moet gekruisig word!”
MATTEUS 27:22-23 Bybel vir almal (ABA)
Toe vra Pilatus weer vir hulle: “Wat wil julle hê moet ek doen met Jesus vir wie julle Christus noem?” Die mense het almal gesê: “ Kruisig hom!” Pilatus het gevra: “Wat het hy verkeerd gedoen?” Maar die mense het aangehou om baie hard te skree: “Kruisig hom!”
MATTEUS 27:22-23 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Pilatus sê vir hulle: Wat moet ek dan doen met Jesus wat genoem word Christus? Hulle sê almal vir hom: Laat Hom gekruisig word! En die goewerneur sê: Watter kwaad het Hy dan gedoen? Maar hulle skreeu nog harder en sê: Laat Hom gekruisig word!
MATTEUS 27:22-23 Afrikaans 1983 (AFR83)
Pilatus sê vir hulle: “Wat moet ek dan doen met Jesus wat Christus genoem word?” “Kruisig hom!” skreeu hulle almal. Hy vra: “Watter kwaad het hy dan gedoen?” Maar hulle skreeu nog harder: “Kruisig hom!”
MATTEUS 27:22-23 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Pilatus vra hulle toe: “Wat moet ek dan maak met Jesus wat as Christus bekend staan?” Hulle roep toe almal uit: “Laat Hy gekruisig word!” Hy het gevra: “Maar watter kwaad het hy dan gedoen?” Hulle het egter nog harder geskreeu: “Laat Hy gekruisig word!”
MATTEUS 27:22-23 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Pilatus sê vir hulle: Wat moet ek dan doen met Jesus wat Christus genoem word? Hulle sê almal vir Hom: Laat Hom gekruisig word. En die goewerneur sê: Waarom, watter kwaad het hy gedoen? Maar hulle het nog meer uitgeroep en gesê: Laat Hom gekruisig word.
MATTEUS 27:22-23 Die Boodskap (DB)
“Wat moet ek dan met Jesus, wat Christus genoem word, doen?” “Kruis toe met hom!” skreeu hulle soos een man. Pilatus vra: “Vir wat is julle so kwaad vir hom? Wat het hy dan gedoen om dit te verdien?” Hulle het hulle nie aan sy vraag gesteur nie, maar net harder geskreeu: “Kruis toe met hom!”