MATTEUS 27:54
MATTEUS 27:54 Bybel vir almal (ABA)
Die offisier en die soldate wat saam met hom vir Jesus opgepas het, het die aardbewing gesien en alles wat gebeur het. Hulle was toe baie bang en hulle het gesê: “Hierdie man was regtig die Seun van God!”
MATTEUS 27:54 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En toe die hoofman oor honderd en die wat saam met hom Jesus bewaak het, die aardbewing sien en die dinge wat daar gebeur, het hulle baie bevrees geword en gesê: Waarlik, Hy was die Seun van God.
MATTEUS 27:54 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe die offisier en die soldate wat saam met hom vir Jesus bewaak het, die aardbewing sien en die dinge wat gebeur, het hulle baie bang geword en gesê: “Hierdie man was werklik die Seun van God.”
MATTEUS 27:54 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe die centurio en dié wat Jesus saam met hom bewaak het, die skudding en die dinge wat gebeur, sien, was hulle vreesbevange en het gesê: “Hy was werklik •Seun van God.”
MATTEUS 27:54 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En toe die hoofman oor honderd en die wat saam met hom was en Jesus dopgehou het, die aardbewing sien en die dinge wat gebeur het, het hulle baie gevrees en gesê: Waarlik, Hy was die Seun van God.