Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

MATTEUS 27:66 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

MATTEUS 27:66 AFR83 (Afrikaans 1983)

Hulle het toe gegaan en die graf beveilig deur die klip te verseël en die wag daar te laat bly.

MATTEUS 27:66 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En hulle het gegaan en die graf verseker deur die steen te verseël in teenwoordigheid van die wag.

MATTEUS 27:66 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Hulle het toe die graf gaan beveilig deur die klip te verseël en dit deur die wagte te laat oppas.

MATTEUS 27:66 DB (Die Boodskap)

Hulle is toe daar weg om die graf te gaan oppas. Hulle het nie slegs die ingang met die klip toegemaak nie, maar ook wagte daar gelos.

MATTEUS 27:66 ABA (Bybel vir almal)

Die Joodse leiers het toe gegaan en hulle het gesê die soldate moet die graf oppas. Hulle het die klip voor die ingang verseël en hulle het die soldate daar laat bly om die graf op te pas.

MATTEUS 27:66 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

Hulle het toe gegaan en die graf beveilig deur die klip te verseël en die wagte daar te plaas.

MATTEUS 27:66 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

Hulle het toe gegaan en die graf vasgemaak, die klip verseël en 'n wag gesit.