MATTEUS 3:16-17
MATTEUS 3:16-17 Bybel vir almal (ABA)
Nadat Johannes vir Jesus gedoop het, het Jesus dadelik opgestaan uit die water. Toe gaan die hemel oop, en Jesus sien die Gees van God kom af na Hom toe soos 'n duif uit die lug afkom. Jesus het ook gehoor Iemand sê uit die hemel: “Dit is my Seun. Ek is lief vir Hom. Hy maak My bly.”
MATTEUS 3:16-17 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En nadat Jesus gedoop was, het Hy dadelik uit die water opgeklim, en meteens gaan die hemele vir Hom oop, en Hy sien die Gees van God soos 'n duif neerdaal en op Hom kom. En daar kom 'n stem uit die hemele wat sê: Dit is my geliefde Seun in wie Ek 'n welbehae het.
MATTEUS 3:16-17 Afrikaans 1983 (AFR83)
Jesus is toe gedoop en het dadelik daarna uit die water gekom. Meteens het die hemel bokant Hom oopgegaan, en Hy het die Gees van God soos 'n duif sien neerdaal en op Hom kom. Daar was ook 'n stem uit die hemel wat gesê het: “Dit is my geliefde Seun. Oor Hom verheug Ek My.”
MATTEUS 3:16-17 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Nadat Jesus gedoop is, het Hy dadelik uit die water opgestaan. Meteens het die hemele vir Hom oopgegaan en Hy het die Gees van God soos 'n duif op Hom sien neerdaal. En meteens het 'n stem uit die hemele gesê: “Dit is my geliefde Seun oor wie Ek My verheug.”
MATTEUS 3:16-17 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En toe Jesus gedoop is, het Hy dadelik uit die water opgegaan; en kyk, die hemele het vir Hom oopgegaan, en Hy het die Gees van God soos 'n duif sien neerdaal en op Hom steek. En daar is 'n stem uit die hemel wat sê: Dit is my geliefde Seun in wie Ek 'n welbehae het.
MATTEUS 3:16-17 Die Boodskap (DB)
Toe Johannes dit hoor, het hy dadelik ingestem. Toe Jesus ná sy doop uit die water uitkom, het die hemel skielik oopgegaan. Johannes het gesien hoe die Gees van God soos ’n duif uit die hemel afkom en op Hom neerdaal. Toe praat ’n stem uit die hemel. Dit was God self. Hy het gesê: “Dit is my Seun vir wie Ek baie lief is. Hy verskaf My baie vreugde!”
MATTEUS 3:16-17 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Ná Jesus se doop het Hy dadelik uit die water geklim. Net daar gaan die hemel toe vir Hom oop, en Hy sien hoe die Gees van God soos ’n duif op Hom afdaal. Daar kom toe ’n stem uit die hemel wat sê: “Hý is my geliefde Seun, ’n Kind so na my hart.”