MATTEUS 5:1 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion
MATTEUS 5:1 AFR83 (Afrikaans 1983)
Toe Jesus die menigte mense sien, het Hy teen die berg opgegaan. Nadat Hy gaan sit het, het sy dissipels na Hom toe gekom
MATTEUS 5:1 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
EN toe Hy die skare sien, het Hy op die berg geklim; en nadat Hy gaan sit het, het sy dissipels na Hom gekom
MATTEUS 5:1 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Toe Jesus die groot skare mense bymekaar sien, het Hy teen die berg uitgeklim. Toe Hy gaan sit, kom sy dissipels na Hom toe.
MATTEUS 5:1 DB (Die Boodskap)
Eendag, toe Jesus sien hoe baie mense na Hom toe kom, het Hy teen ’n berg opgeklim sodat Hy hulle kon leer. Sy volgelinge het saam met Hom teen die berg opgeklim.
MATTEUS 5:1 ABA (Bybel vir almal)
Toe Jesus die baie mense sien, het Hy teen die berg opgegaan en gaan sit. Sy dissipels het na Hom toe gekom.
MATTEUS 5:1 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Toe Jesus die skare sien, het Hy teen die berg opgegaan. Hy het gaan sit, en sy dissipels het na Hom gekom.
MATTEUS 5:1 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En toe Hy die skare sien, het Hy op die berg geklim; en toe Hy sit, kom sy dissipels na Hom.