MATTEUS 5:31-32
MATTEUS 5:31-32 Bybel vir almal (ABA)
“Julle weet die wette sê: ‘ Elkeen wat van sy vrou skei, moet vir haar 'n skeibrief gee.’ Maar Ek sê vir julle: Wanneer iemand van sy vrou skei, en die vrou trou weer, dan pleeg sy egbreuk, en dan is dit die man se skuld. En elke man wat met 'n geskeide vrou trou, pleeg egbreuk. 'n Man mag net van sy vrou skei as sy seks gehad het met 'n ander man.”
MATTEUS 5:31-32 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Daar is ook gesê: Elkeen wat van sy vrou skei, moet haar 'n skeibrief gee. Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat van sy vrou skei, behalwe omrede van hoerery, maak dat sy egbreuk pleeg, en elkeen wat die geskeie vrou trou, pleeg egbreuk.
MATTEUS 5:31-32 Afrikaans 1983 (AFR83)
“Daar is gesê: ‘Elkeen wat van sy vrou skei, moet aan haar 'n skeibrief gee.’ Maar Ek sê vir julle: Elkeen wat van sy vrou skei behalwe oor owerspel, maak dat sy egbreuk pleeg, en iemand wat met die geskeide vrou trou, pleeg ook egbreuk.”
MATTEUS 5:31-32 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“Daar is gesê, ‘Wie van sy vrou skei, moet aan haar 'n skeibrief gee.’ Maar Ek sê vir julle, elkeen wat van sy vrou skei, behalwe weens owerspel, veroorsaak dat sy egbreuk pleeg, en wie met die geskeide vrou trou, pleeg ook egbreuk.
MATTEUS 5:31-32 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Daar is gesê: Elkeen wat van sy vrou skei, moet vir haar 'n skeibrief gee. Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat van sy vrou skei, behalwe vir die oorsaak van hoerery, haar laat egbreuk pleeg; en elkeen wat met haar geskei is, pleeg egbreuk.
MATTEUS 5:31-32 Die Boodskap (DB)
“Nog een van die bevele wat julle voorouers gereeld moes hoor, is die volgende: ‘As jy van jou vrou wil skei, moet jy maar net sorg dat jy al die wetlike prosedures nakom. Sorg dat jy ’n wettige skeibrief aan haar gee.’ “Ek sê egter vandag vir julle: julle mag glad nie skei nie. Dis teen God se wil. Jy mag net van jou vrou skei as sy by iemand anders geslaap het. As jy oor enige ander rede van haar skei, maak jy dat jou vrou owerspel pleeg as sy later weer trou. Omdat haar eerste huwelik nog steeds in God se oë voortgaan, is sy en haar nuwe man dan skuldig aan egbreuk.”
MATTEUS 5:31-32 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“Daar is gesê: ‘Al wat ’n man nodig het om van sy vrou te skei is om aan haar ’n skeisertifikaat te oorhandig.’ Maar Ek sê vir julle, elkeen wat van sy vrou skei, behalwe oor huweliksontrou, veroorsaak dat sy egbreuk pleeg. En elkeen wat met so ’n geskeide vrou trou, pleeg ook egbreuk.”