MATTEUS 5:46-47
MATTEUS 5:46-47 Bybel vir almal (ABA)
As julle lief is net vir mense wat ook lief is vir julle, dan sal God nie daaroor goed wees vir julle nie. Die tollenaars doen presies dieselfde. En as julle vriendelik is net met julle vriende, dan doen julle wat ander mense ook doen, julle doen niks beter as hulle nie. Die mense wat God nie ken nie, doen presies dieselfde.
MATTEUS 5:46-47 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want as julle liefhet die wat vir julle liefhet, watter loon het julle? Doen die tollenaars nie ook dieselfde nie? En as julle net jul broeders groet, wat besonders doen julle dan? Doen die tollenaars nie ook so nie?
MATTEUS 5:46-47 Afrikaans 1983 (AFR83)
As julle net dié liefhet wat vir julle liefhet, watter loon kan julle dan nog verwag? Maak die tollenaars nie ook maar net so nie? En as julle net julle broers groet, wat doen julle meer as ander? Maak die heidene nie ook maar net so nie?
MATTEUS 5:46-47 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
As julle diegene liefhet wat vir julle liefhet, verdien julle dan enige beloning? Maak die •tollenaars nie ook maar so nie? En as julle slegs julle broers groet, wat doen julle meer? Maak die heidene nie ook maar so nie?
MATTEUS 5:46-47 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Want as julle dié liefhet wat vir julle liefhet, watter loon het julle? is selfs die tollenaars nie dieselfde nie? En as julle net julle broers groet, wat doen julle meer as ander? is dit nie eens die tollenaars nie?
MATTEUS 5:46-47 Die Boodskap (DB)
“As julle net daardie mense liefhet met wie julle goed oor die weg kom, moet julle nie verwag om daarvoor ’n medalje vir goeie diens by God te kry nie. Almal doen dit tog, ook slegte mense wat nie in God glo nie. As julle net julle familie en vriende groet, het julle nog niks spesiaals gedoen nie. Selfs die grootste sondaars groet ook hulle vriende.
MATTEUS 5:46-47 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
“As julle net dié liefhet wat vir julle liefhet, watter beloning is daar dan vir julle? Selfs korrupte tollenaars doen presies dieselfde. En as julle net julle eie mense groet, wat besonders doen julle dan? Doen die ongelowiges nie ook maar dieselfde nie?