MATTEUS 6:14-15
MATTEUS 6:14-15 Bybel vir almal (ABA)
“Wanneer ander mense verkeerd doen teen julle, dan moet julle hulle vergewe. Dan sal julle Vader in die hemel julle ook vergewe. Maar as julle ander mense nie vergewe nie, dan sal julle Vader in die hemel julle ook nie vergewe wanneer julle verkeerd gedoen het nie.”
MATTEUS 6:14-15 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Want as julle die mense hulle oortredinge vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe. Maar as julle die mense hulle oortredinge nie vergewe nie, sal julle Vader julle oortredinge ook nie vergewe nie.
MATTEUS 6:14-15 Afrikaans 1983 (AFR83)
“As julle ander mense hulle oortredings vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe. Maar as julle ander mense nie vergewe nie, sal julle Vader julle ook nie julle oortredings vergewe nie.”
MATTEUS 6:14-15 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“Want as julle die mense hulle oortredings vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe. Maar as julle die mense nie vergewe nie, sal julle Vader julle ook nie julle oortredings vergewe nie.”
MATTEUS 6:14-15 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)