MATTEUS 6:20-22 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion
MATTEUS 6:20-22 AFR83 (Afrikaans 1983)
Maak vir julle skatte in die hemel bymekaar, waar mot en roes dit nie verniel nie en waar diewe nie inbreek en dit steel nie. Waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees.” “Die lamp van die liggaam is die oog. As jou oog goed is, sal jou hele liggaam lig hê.
MATTEUS 6:20-22 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
maar maak vir julle skatte bymekaar in die hemel, waar geen mot of roes verniel nie en waar diewe nie inbreek en steel nie; want waar julle skat is, daar sal julle hart ook wees. Die lamp van die liggaam is die oog. As jou oog dan reg is, sal jou hele liggaam verlig wees.
MATTEUS 6:20-22 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Maak vir julle skatte in die hemel bymekaar waar geen mot en roes dit sal kan bykom nie, en waar diewe nooit sal kan inbreek en roof nie. Onthou, waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees. “Jou oog is ’n lamp vir jou liggaam. ’n Suiwer oog laat die lig instroom sodat jou binneste geheel en al lig word.
MATTEUS 6:20-22 DB (Die Boodskap)
Maak eerder vir julle ’n bankrekening daar by God in die hemel oop. Geen dief kan ooit daar inbreek om iets te probeer steel nie. “Die dinge waarmee jy jou van vroeg tot laat besig hou, sê wat die belangrikste in jou lewe is. Jou lewe wys waar jy jou ‘rekening’ oopgemaak het. “As jy hemelse skatte wil opgaar, sorg dan dat jy jou oë deur die Here laat instel sodat jy op die regte manier daarmee kan kyk. Jou oë is soos ’n lig. As jy op die regte manier daarmee kyk, maak dit alles in jou lewe helder.
MATTEUS 6:20-22 ABA (Bybel vir almal)
Dit is beter om vir julle goed bymekaar te maak in die hemel en om daar ryk te wees by God. Daar kan motte dit nie vreet nie en dit kan nie roes nie, en diewe kan nie daar inbreek en dit steel nie. Die dinge wat in die hemel by God is, moet vir jou die belangrikste wees. Dan sal jy net dink aan God wat in die hemel is.” “Jou oog wys hoe jy is. As jou oog reg kyk en jy sien wanneer mense swaarkry en jy help hulle, dan is jy vol lig.
MATTEUS 6:20-22 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Maar maak vir julle skatte in die hemel bymekaar, daar waar mot en roes nie verniel nie, en waar diewe nie inbreek en steel nie. Want waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees. “Die oog is die lamp van die liggaam. As jou oog suiwer is, sal jou hele liggaam verlig wees.
MATTEUS 6:20-22 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar maak vir julle skatte bymekaar in die hemel, waar geen mot of roes verniel nie en waar diewe nie inbreek of steel nie; Want waar jou skat is, daar sal jou hart ook wees. Die lig van die liggaam is die oog; as jou oog dus enkel is, sal jou hele liggaam vol lig wees.