MATTEUS 9:11-13
MATTEUS 9:11-13 Bybel vir almal (ABA)
Die Fariseërs het dit gesien en hulle vra toe vir Jesus se dissipels: “Hoekom eet julle meneer saam met tollenaars en sondaars?” Jesus het gehoor wat die Fariseërs sê, en Hy het vir hulle gesê: “Gesonde mense gaan nie dokter toe nie, net mense wat siek is, gaan dokter toe. Julle moet leer wat beteken hierdie woorde
MATTEUS 9:11-13 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En toe die Fariseërs dit sien, sê hulle vir sy dissipels: Waarom eet julle Meester saam met tollenaars en sondaars? Maar toe Jesus dit hoor, sê Hy vir hulle: Die wat gesond is, het die geneesheer nie nodig nie, maar die wat ongesteld is. Maar gaan leer wat dit beteken: Ek wil barmhartigheid hê en nie offerande nie; want Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars tot bekering.
MATTEUS 9:11-13 Afrikaans 1983 (AFR83)
Toe die Fariseërs dit sien, vra hulle vir sy dissipels: “Waarom eet julle leermeester saam met tollenaars en sondaars?” Maar Jesus het dit gehoor en gesê: “Dié wat gesond is, het nie 'n dokter nodig nie, maar dié wat siek is. Gaan leer wat dit beteken: ‘Ek verwag barmhartigheid en nie offers nie.’ Ek het nie gekom om mense te roep wat op die regte pad is nie, maar sondaars.”
MATTEUS 9:11-13 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Die •Fariseërs het dit gesien en vir sy dissipels gevra: “Waarom eet julle leermeester saam met tollenaars en sondaars?” Toe Jesus dit hoor, het Hy gesê: “Gesonde mense het nie 'n dokter nodig nie, maar wel die siekes. Gaan leer wat beteken, ‘Ek wil barmhartigheid hê en nie offerande nie.’ Ek het immers nie gekom om •regverdiges te roep nie, maar sondaars.”
MATTEUS 9:11-13 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
En toe die Fariseërs dit sien, sê hulle vir sy dissipels: Waarom eet julle Meester saam met tollenaars en sondaars? Maar toe Jesus dit hoor, sê Hy vir hulle: Die wat gesond is, het nie 'n geneesheer nodig nie, maar die wat siek is. Maar gaan leer wat dit beteken: Ek wil barmhartigheid hê en nie offer nie, want Ek het nie gekom om regverdiges te roep nie, maar sondaars tot bekering.
MATTEUS 9:11-13 Die Boodskap (DB)
Van die Jode wat die wet baie streng gehou het, het Jesus toe saam met al daardie mense aan die tafel sien sit. Dit het hulle laat wonder of Hy dan soos daardie mense wou word, want ’n mens eet mos net saam met goeie vriende. Hulle het by sy dissipels probeer uitvis: “Wat is Jesus besig om te doen? Wat leer hy julle? Waarom is hy so vriendelik met hierdie slegte mense dat hy selfs saam met hulle eet?” Hulle het die dissipels met vrae gepeper. Jesus hoor dit toe en vra: “Wat dink julle moet ’n dokter doen? Moet hy heeltyd die gesonde mense oppas? Of is sy plek by die siek mense vir wie hy iets kan beteken? Die antwoord op hierdie vraag sal julle help om God se woorde te begryp: ‘Dit help nie julle broei mekaar warm in die kerk en hou mooi eredienste nie. Nee, Ek wil eerder hê julle moet mense help wat julle hulp regtig nodig het.’ “Dink mooi hieroor na; dan sal julle verstaan wanneer Ek sê dat Ek nie hier is om mense wat klaar aan God gehoorsaam is weer na Hom toe te lei nie. Nee, dit is die mense wat nie van Hom weet nie wie se oë Ek graag vir God wil oopmaak.”
MATTEUS 9:11-13 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Toe die Fariseërs dit agterkom, vra hulle vir Jesus se dissipels: “Hoe kan julle leermeester met sulke immorele karakters saameet?” Toe Jesus dit hoor, sê Hy: “Gesonde mense het die dokter nie nodig nie; die siekes wel. Gaan leer wat dit beteken as die Skrifwoord sê: ‘Ontferming is vir My baie belangriker as offerandes.’ Ek het gekom om sondaars na die koninkryk te nooi, nie mense wat dink dat hulle alreeds goed genoeg is nie.”