MATTEUS 9:14-15
MATTEUS 9:14-15 Bybel vir almal (ABA)
Johannes se dissipels het na Jesus toe gekom. Hulle het vir Hom gesê: “Ons vas en die Fariseërs vas, maar hoekom vas jou dissipels nie?” Jesus sê toe vir hulle: “Die vriende van die bruidegom kan nie rou wanneer die bruidegom nog by hulle is nie. Maar daar sal 'n tyd kom wanneer die bruidegom weg sal wees, dan sal hulle vas.
MATTEUS 9:14-15 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
DAARNA kom die dissipels van Johannes na Hom en sê: Waarom vas ons en die Fariseërs dikwels, maar u dissipels vas nie? En Jesus sê vir hulle: Kan die bruilofsgaste dan treur so lank as die bruidegom by hulle is? Maar daar sal dae kom wanneer die bruidegom van hulle weggeneem word, en dan sal hulle vas.
MATTEUS 9:14-15 Afrikaans 1983 (AFR83)
In dié tyd het die volgelinge van Johannes na Jesus toe gekom en gevra: “Waarom vas ons en die Fariseërs dikwels, maar u dissipels vas glad nie?” Jesus antwoord hulle: “Kan die bruilofsgaste dan treur solank die bruidegom nog by hulle is? Maar daar kom 'n tyd wanneer die bruidegom van hulle weggeneem sal word, en dan sal hulle vas.
MATTEUS 9:14-15 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe het Johannes se dissipels na Jesus gekom en gesê: “Waarom vas ons en die •Fariseërs gereeld, maar u dissipels vas nie? ” Jesus het hulle geantwoord: “Die bruilofsgaste kan tog nie treur terwyl die bruidegom by hulle is nie? Maar daar kom 'n tyd wanneer die bruidegom van hulle weggeneem sal word, en dan sal hulle vas.
MATTEUS 9:14-15 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Toe kom die dissipels van Johannes na Hom en sê: Waarom vas ons en die Fariseërs dikwels, maar u dissipels vas nie? En Jesus sê vir hulle: Kan die bruilofskinders treur solank die bruidegom by hulle is? maar daar sal dae kom dat die bruidegom van hulle weggeneem sal word, en dan sal hulle vas.
MATTEUS 9:14-15 Die Boodskap (DB)
Johannes se volgelinge het ook begin wonder waarom Jesus-hulle so anders optree wanneer dit by godsdienstige gebruike kom. Hulle vra toe vir Jesus: “Kyk hoe getrou hou ons en die ander godsdienstige Jode die vastye. Vir lang tye sonder ons ons vir God af en eet niks nie. Waarom steur jou dissipels hulle glad nie daaraan nie?” Jesus antwoord: “Wel, omdat nuwe dinge in hierdie wêreld aan die gebeur is. Op ’n troue staan mense mos nie en huil nie. Allesbehalwe! Terwyl die troue aan die gang is, hou almal mos fees. As die fees eers verby en die bruidspaar weg is, kan hulle weer met hulle gewone lewe aangaan en huil as hulle wil.
MATTEUS 9:14-15 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
By geleentheid het die dissipels van Johannes die Doper na Jesus toe gekom en Hom gevra: “Waarom vas ons en die Fariseërs dikwels, maar u dissipels vas glad nie?” Jesus het geantwoord: “Dit is tog ondenkbaar dat die bruilofsgaste sal treur solank die bruidegom nog saam met hulle feesvier! Daar kom egter ’n tyd wanneer die bruidegom van hulle af weggeneem sal word. Dán sal hulle vas.