MATTEUS 9:22
MATTEUS 9:22 Bybel vir almal (ABA)
Jesus het omgedraai en haar gesien. Toe sê Hy vir haar: “Mevrou, moenie bekommerd wees nie. Jy het nou gesond geword, want jy het geglo.” Die vrou het toe dadelik gesond geword.
MATTEUS 9:22 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Jesus het omgedraai en haar gesien en gesê: Hou goeie moed, dogter, jou geloof het jou gered. En die vrou het gesond geword van daardie uur af.
MATTEUS 9:22 Afrikaans 1983 (AFR83)
Jesus het omgedraai, haar gesien en gesê: “Wees gerus, dogter, jou geloof het jou gered.” Van daardie oomblik af was die vrou gesond.
MATTEUS 9:22 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Jesus het omgedraai, haar gesien en gesê: “Hou moed, dogter, jou geloof het jou gered. ” En van daardie oomblik af was die vrou gesond.
MATTEUS 9:22 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar Jesus het hom omgedraai, en toe hy haar sien, sê Hy: Dogter, wees gerus; jou geloof het jou gesond gemaak. En die vrou is van daardie uur af gesond geword.