Die embleem van die Bybeltoep
Soek-ikoon

MATTEUS 9:4 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion

MATTEUS 9:4 AFR83 (Afrikaans 1983)

Maar Jesus het geweet wat hulle dink, en Hy sê vir hulle: “Waarom het julle sulke slegte gedagtes in julle harte?

MATTEUS 9:4 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)

En toe Jesus merk wat hulle gedagtes was, sê Hy: Waarom bedink julle slegte dinge in julle harte?

MATTEUS 9:4 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)

Maar Jesus het hulle gedagtes geken en vra toe: “Waarom dink julle sulke slegte dinge in julle harte?

MATTEUS 9:4 DB (Die Boodskap)

Jesus het goed geweet hoe hulle staan en skinder. Sonder om doekies om te draai sê Hy vir hulle: “Wat dink julle gaan julle bereik met al hierdie geskinder?

MATTEUS 9:4 ABA (Bybel vir almal)

Maar Jesus het geweet wat hulle dink, en Hy sê toe vir hulle: “Hoekom dink julle hierdie slegte dinge?

MATTEUS 9:4 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)

En omdat Jesus geweet het wat hulle dink, het Hy gesê: “Hoekom bedink julle bose dinge in julle harte?

MATTEUS 9:4 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)

En Jesus het hulle gedagtes geken en gesê: Waarom dink julle kwaad in julle harte?