MATTEUS 9:8 - Vergelyk alle weergawes | YouVersion
MATTEUS 9:8 AFR83 (Afrikaans 1983)
en toe die menigte mense dit sien, het hulle God, wat sulke mag aan mense gee, met eerbiedige vrees geprys.
MATTEUS 9:8 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
En toe die skare dit sien, was hulle verwonderd en het God verheerlik wat so 'n mag aan die mense gegee het.
MATTEUS 9:8 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Toe die skare dit sien, het ’n eerbiedige vrees oor hulle gekom en hulle het God geprys omdat Hy aan ’n méns soveel gesag gegee het.
MATTEUS 9:8 DB (Die Boodskap)
Die mense kon hulle oë byna nie glo nie. Met groot respek het hulle gesê: “Nou het ons regtig gesien hoe wonderlik en groot God is. Kyk, Hy gee tot vir ’n mens mag om sulke ongelooflike dinge te doen.”
MATTEUS 9:8 ABA (Bybel vir almal)
Daar was baie mense, en almal het dit gesien. Hulle het bang geword en hulle het God geprys omdat Hy vir mense die krag gee om dit te kan doen.
MATTEUS 9:8 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Toe die skare dit sien, is hulle met diep ontsag vervul, en hulle het God, wat sulke gesag aan mense gee, geprys.
MATTEUS 9:8 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
Maar toe die skare dit sien, was hulle verwonderd en het God verheerlik wat sulke krag aan die mense gegee het.