MIGA 4:1
MIGA 4:1 Bybel vir almal (ABA)
Julle sê: “Eendag sal die berg waarop die Here se tempel staan, hoër wees en vaster staan as die ander berge en heuwels. Baie volke sal na hierdie berg kom.
MIGA 4:1 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
EN aan die einde van die dae sal die berg van die huis van die HERE vasstaan op die top van die berge en verhewe wees bo die heuwels, en die volke sal daarheen toestroom.
MIGA 4:1 Afrikaans 1983 (AFR83)
Daar kom 'n tyd dat die berg waarop die huis van die Here is, 'n blywende plek sal hê bokant die bergtoppe en sal uitstaan bo die heuwels. Die volke sal daarheen stroom
MIGA 4:1 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
“ In die laaste dae sal die berg van die HERE se huis stewig staan, as die hoogste van die berge; ja, hy sal bo die heuwels uittroon. Volke sal daarheen stroom
MIGA 4:1 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar aan die einde van die dae sal die berg van die huis van die HERE vasstaan op die top van die berge en verhewe wees bo die heuwels; en mense sal daarheen stroom.