MARKUS 1:17-18
MARKUS 1:17-18 Die Boodskap (DB)
“Kom saam met My. Ek sal julle wys om op ’n ander manier vissers te wees, nie van vis nie, maar van mense, sê Jesus toe.” Hulle los toe alles net so en is saam met Hom.
MARKUS 1:17-18 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Jesus het na hulle geroep: “Kom, word my dissipels, en Ek sal julle vissers van mense maak!” En hulle het dadelik hulle nette gelos en saam met Hom gegaan.
MARKUS 1:17-18 Bybel vir almal (ABA)
Jesus sê toe vir hulle: “Kom hier, kom saam met My, Ek sal julle lewens verander: Julle sal nog vissermanne wees, maar julle sal nie meer visse vang nie, julle sal mense bymekaarmaak vir God.” Simon en Andreas het dadelik hulle visnette gelos en hulle het saam met Jesus gegaan.
MARKUS 1:17-18 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
En Jesus sê vir hulle: Kom agter My aan, en Ek sal maak dat julle vissers van mense word. En dadelik het hulle hul nette laat staan en Hom gevolg.
MARKUS 1:17-18 Afrikaans 1983 (AFR83)
Hy het toe vir hulle gesê: “Kom hier! Kom saam met My, en Ek sal julle vissers van mense maak.” Onmiddellik het hulle die nette gelos en Hom gevolg.