MARKUS 10:14-16
MARKUS 10:14-16 Bybel vir almal (ABA)
Toe Jesus dit hoor, het Hy kwaad geword en vir sy dissipels gesê: “Laat die kinders na My toe kom en moenie hulle keer nie, want God is Koning oor mense soos hulle. Ek sê vir julle, en dit is seker: As iemand nie soos 'n kindjie glo dat God sy Koning is nie, dan sal hy nie kan inkom waar God Koning is nie.” Jesus het die kindertjies in sy arms vasgehou. Hy het sy hande op hulle gesit en hulle geseën.
MARKUS 10:14-16 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
Maar toe Jesus dit sien, het Hy hulle dit baie kwalik geneem en vir hulle gesê: Laat die kindertjies na My toe kom en verhinder hulle nie, want aan sulkes behoort die koninkryk van God. Voorwaar Ek sê vir julle, elkeen wat die koninkryk van God nie soos 'n kindjie ontvang nie, sal daar nooit ingaan nie. En Hy het sy arms om hulle geslaan, sy hande op hulle gelê en hulle geseën.
MARKUS 10:14-16 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar toe Jesus dit sien, was Hy verontwaardig en het Hy vir hulle gesê: “Laat die kindertjies na My toe kom en moet hulle nie verhinder nie, want die koninkryk van God is juis vir mense soos hulle. Dit verseker Ek julle: Wie die koninkryk van God nie soos 'n kindjie ontvang nie, sal daar nooit ingaan nie.” Hy het sy arms om die kindertjies gesit, hulle die hande opgelê en hulle geseën.
MARKUS 10:14-16 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
Toe Jesus dit sien, was Hy verontwaardig en het vir hulle gesê: “Laat die kindertjies na My toe kom en moet hulle nie langer verhinder nie, want die •koninkryk van God behoort aan mense soos hulle. •Amen, Ek sê vir julle: Wie die koninkryk van God nie soos 'n kindjie ontvang nie, sal beslis nie daar ingaan nie.” Hy neem hulle toe in sy arms en seën hulle terwyl Hy sy hande op hulle lê.
MARKUS 10:14-16 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar toe Jesus dit sien, was Hy baie ontevrede en sê vir hulle: Laat die kindertjies na My toe kom en verhinder hulle nie, want aan sulkes behoort die koninkryk van God. Voorwaar Ek sê vir julle, elkeen wat die koninkryk van God nie soos 'n kindjie ontvang nie, hy sal daar nie ingaan nie. En hy het hulle in sy arms geneem, sy hande op hulle gelê en hulle geseën.
MARKUS 10:14-16 Die Boodskap (DB)
Toe Jesus dit sien, sê Hy dadelik dat sy dissipels moet ophou: “Moet nooit kindertjies keer om na My toe te kom nie. Hulle is altyd welkom by My. “Die nuwe wêreld van God is juis bedoel vir mense soos hulle. Hiervan kan julle maar seker wees: wie nie God se leiding en heerskappy aanvaar soos ’n klein kind sy pa se leiding aanvaar nie, sal nie ’n plek in God se nuwe wêreld hê nie.” Toe het Hy sy arms oopgehou sodat die kindertjies nader kon kom. Hy het hulle vasgehou, sy hand op die koppies gesit en hulle geseën.
MARKUS 10:14-16 Nuwe Lewende Vertaling (NLV)
Toe Jesus dit sien, was Hy verontwaardig en het vir hulle gesê: “Laat die kindertjies toe om na My toe te kom. Moenie hulle keer nie. Want God se koninkryk is juis bedoel vir almal wat soos hulle is. Ek verseker julle, wie God se koninkryk nie soos ’n kindjie ontvang nie, sal beslis nie daar ingaan nie.” Toe het Hy sy arms om die kindertjies gesit, sy hande op hulle koppe gelê en hulle geseën.