MARKUS 10:43-44
MARKUS 10:43-44 Bybel vir almal (ABA)
Dit moenie so wees by julle nie. As een van julle die belangrikste wil wees, dan moet hy die ander mense dien. En as een van julle bo die ander wil wees, dan moet hy almal se slaaf wees.
MARKUS 10:43-44 Afrikaans 1933/1953 (AFR53)
maar so moet dit onder julle nie wees nie, maar elkeen wat onder julle groot wil word, moet julle dienaar wees. En elkeen wat onder julle die eerste wil word, moet almal se dienskneg wees.
MARKUS 10:43-44 Afrikaans 1983 (AFR83)
Maar by julle moet dit nie so wees nie. Elkeen wat in julle kring groot wil word, moet julle dienaar wees; en elkeen onder julle wat die eerste wil wees, moet julle almal se dienaar wees.
MARKUS 10:43-44 Die Bybel 2020-vertaling (AFR20)
So is dit egter nie by julle nie; maar wie belangrik onder julle wil wees, moet julle dienaar wees, en wie eerste onder julle wil wees, moet almal se slaaf wees.
MARKUS 10:43-44 Contemporary Afrikaans Bible 2023 (CAB23)
Maar so sal dit nie onder julle wees nie; maar elkeen wat groot wil wees onder julle, moet julle dienaar wees. En elkeen van julle wat die vernaamste is, sal almal se dienaar wees.
MARKUS 10:43-44 Die Boodskap (DB)
“Onder julle as Christene mag dit egter nie gebeur nie. As iemand onder julle belangrik wil wees, moet hy die onbelangrikste posisie onder julle inneem. Hy moet bereid wees om alles te doen wat die ander van hom vra en moet die hele tyd reg wees om die ander te dien, of dit hom nou pas of nie.