MARKUS 11:9-10 - Compare All Versions
MARKUS 11:9-10 ABA (Bybel vir almal)
Die mense wat voor Jesus geloop het en die ander mense wat Hom gevolg het, het aangehou om hard te skree en te sê: “ Prys God! Prys die Man wat kom! Die Here het Hom gestuur om sy werk te kom doen! Prys Hom! Hy sal nou begin om Koning te wees oor almal, soos ons voorvader Dawid! Prys God in die hoogste hemel!”
MARKUS 11:9-10 AFR53 (Afrikaans 1933/1953)
En die wat voor geloop en die wat gevolg het, het uitgeroep en gesê: Hosanna! Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here! Geseënd is die koninkryk wat kom in die Naam van die Here, die koninkryk van ons vader Dawid! Hosanna in die hoogste hemele!
MARKUS 11:9-10 AFR83 (Afrikaans 1983)
Dié wat voor geloop en dié wat agteraan gekom het, het uitgeroep: “Prys Hom! Loof Hom wat in die Naam van die Here kom! Geseënd is ons voorvader Dawid se koninkryk wat aan die kom is! Prys Hom in die hoogste hemel!”
MARKUS 11:9-10 AFR20 (Die Bybel 2020-vertaling)
Dié wat voor geloop het en dié wat gevolg het, het uitgeroep: “Hosanna! Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here! Geseënd is die koninkryk wat kom, dié van ons vader Dawid! Hosanna in die hoogste!”
MARKUS 11:9-10 CAB23 (Contemporary Afrikaans Bible 2023)
En die wat vooruit gegaan het en die wat gevolg het, het uitgeroep en gesê: Hosanna! Geseënd is hy wat kom in die Naam van die Here: Geseënd is die koninkryk van ons vader Dawid, wat kom in die Naam van die Here: Hosanna in die hoogste hemele.
MARKUS 11:9-10 DB (Die Boodskap)
Reg rondom Jesus het mense begin skree: “Hoera! Prys Hom wat in die Naam van die Here self kom. Hy gaan heers soos ons groot koning Dawid eens op ’n tyd geheers het. Mag God hierdie heerskappy groot en wonderlik maak. Prys God in die hemel!”
MARKUS 11:9-10 NLV (Nuwe Lewende Vertaling)
Met Jesus in die middel van die optog het hulle uitgeroep: “Prys God! Geseënd is die Een wat kom in die Here se Naam! Geseënd is die koningsheerskappy van ons voorvader Dawid wat aan die kom is! Prys God in die hoogste hemel!”